Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

TLU SA hoop die regering, die minister van polisie, Bheki Cele en misdadigers neem kennis van die groeiende gevoel van verset onder Suid-Afrika se landbouers.

‘n Groot aantal ondersteuners het vanoggend by die hof in Senekal, Vrystaat byeen gekom waar die verdagtes in die grusame moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner sou verskyn. Die saak is uitgestel.

“TLU SA ondersteun geen vorm van vandalisme nie,” sê mnr. Bertus van der Westhuizen, die voorsitter van TLU SA se Vrystaat streek. “Maar die ondersteuners se optrede vandag weerspieël die gevoel op grondvlak onder boere. Die minister van polisie, Bheki Cele se onversoenbare houding en uitlatings teenoor boere dra by tot boere se gevoel. Ons is keelvol en gaan nie meer langer teikens wees nie.”

TLU SA hoop verder dat dit wat TLU SA en ander rolspelers gister met die nasionale kommissaris van die polisie bespreek het, spoedig op grondvlak sal posvat en dat die regering sal bydra om boere te beveilig en wet en orde te handhaaf.

“Die regering se gesindheid teenoor en ontkenning van die erns van plaasaanvalle is onaanvaarbaar,” sê mnr. Van der Westhuizen. “Ons hoop die regering besef nou dat die chaos wat kan uitbreek indien daar nie daadwerklik opgetree word nie, so sal ontaard dat die regering dit nie sal kan hanteer nie.

“Ons wil graag saamwerk. Ons wil die land bou en help bou tot die voordeel van elke inwoner, maar nie op hierdie manier waar boere soos voëls op ‘n draad sit en almal skiet na hulle nie.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       6 Oktober 2020

Navrae:                       Mnr Bertus van der Westhuizen, Voorsitter TLU SA Vrystaat,

                                    Sel.: 082 571 5180

Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons