TLU SA wens VSA geluk met sanksies teen Guptas – Versoek verdere aksies

TLU SA wil die Verenigde State van Amerika (VSA) bedank vir die sanksies wat teen die omstrede en korrupte Gupta-familie toegepas word. TLU SA doen verder ‘n dringende beroep op die VSA om die “onwrikbare verbintenis daartoe om die oppergesag van die reg en verantwoordbaarheid in Suid-Afrika” konsekwent toe te pas en ook ferm op te tree teen die ANC-regering wat nie daarin slaag om wet en orde in die land te handhaaf nie.

 

Die Amerikaanse departement van finansies het sanksies teen die Gupta-familie en hulle vennoot Salim Essa aangekondig oor hulle “bedenklike transaksies en staatskaping in Suid-Afrika” omdat hulle “politieke bande gebruik om wydverspreide korrupsie en omkopery te pleeg, regeringskontakte te bekom en staatsbates te misbruik”.

“Ons wens Amerika geluk met die ferm optrede teen korrupsie,” sê mnr. Louis Meintjies, die president van TLU SA. “Daar is egter verskeie ander korrupte regeringsamptenare en beleide wat wet en orde in die land bedreig, wat die VSA ook behoort te ondersoek.”

Die voorgestelde wysigings aan die grondwet om grondonteiening sonder vergoeding deur te voer en die bestaande korrupsie rakende grondherverdeling is maar van die aksies van die ANC wat ‘n ernstige bedreiging vir die ekonomie inhou en ten koste van Suid-Afrikaners toegepas word.

Die VSA het burgerregte organisasies en fluitjieblasers wat die omvang van die Guptas se korrupsie oopgevlek het, geloof.

“TLU SA sal voortgaan om ook ondersteuning vanuit die buiteland te werf om druk op die regering toe te pas om nie enige kortsigtige beleide tot nadeel van die ekonomie en ons inwoners te implementeer nie,” sê Mnr Meintjes.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.