James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Voorgestelde Wetsontwerp op Vuurwapenbeheer: ’n Onregverdige las vir wetsgehoorsame burgers

TLU SA spreek sy ernstige beswaar uit teen die voorgestelde Firearms Control Amendment Bill 2025. Terwyl ons volle steun verleen aan maatreëls wat gemik is op die bekamping van onwettige vuurwapens en georganiseerde misdaad, is dit duidelik dat die huidige wysigings die verkeerde teiken het. In plaas daarvan om misdadigers aan te spreek, maak hierdie wetsontwerp daarvan ’n doelwit om wetsgehoorsame vuurwapeneienaars te kriminaliseer.

Een van die grootste kommerpunte is dat die ontwerp die vereistes vir ’n selfverdedigingslisensie drasties vernou. Burgers sal slegs onder “uitsonderlike omstandighede” in aanmerking kom, wat beteken dat gewone Suid-Afrikaners, veral dié in afgeleë gebiede, feitlik van hul reg tot selfverdediging ontneem word. Verder word streng perke op die aantal vuurwapens ingestel wat ’n persoon mag besit, met nuwe beperkings op sekere semi-outomatiese wapens en selfs op ammunisie. Hierdie bepalings gaan nie net die sport- en jaggemeenskap raak nie, maar ook boere en ander burgers wat hulself daagliks teen misdaad moet beskerm.

Nog ’n probleem is die voorstel dat alle vuurwapens aan ’n nasionale ballistiese databasis onderwerp moet word. Hierdie proses is duur, uiters kompleks en in ’n land met beperkte administratiewe kapasiteit, waarskynlik onuitvoerbaar. Dit sal min doen om misdaad met onwettige wapens te beperk, maar sal die wettige vuurwapeneienaar met onnodige koste en burokratiese laste belas. Die feit bly staan dat die oorgrote meerderheid gewelddadige misdade in Suid-Afrika met onwettige wapens gepleeg word, nie met geregistreerde vuurwapens nie.

TLU SA erken wel dat daar enkele positiewe voorstelle is, soos die voorstel vir gereelde integriteitstoetse vir aangewese vuurwapenbeamptes. Hierdie kan help om korrupsie te beperk en die stelsel te verbeter. Maar dit kan nie die balans herstel in ’n wetsontwerp wat duidelik daarop gemik is om die wettige vuurwapeneienaar se regte te verswak nie.

TLU SA vra dus dat die regering hierdie proses onmiddellik opskort totdat ’n behoorlike onafhanklike impakstudie voltooi is, een wat die realiteite van landelike veiligheid, sportskiet en jaggemeenskappe in ag neem. Die wetsontwerp moet herwerk word om onwettige wapens en georganiseerde misdaad aan te spreek, eerder as om verantwoordelike eienaars te beperk. Die regering se energie en hulpbronne behoort gefokus te wees op die opsporing van onwettige wapens, die beveiliging van staatswapenkamers, en die herstel van polisievermoë, nie op die straf van burgers wat aan die wet voldoen nie.

TLU SA sal nie stilsit terwyl wetsgehoorsame Suid-Afrikaners as sondebokke gebruik word nie. Ons gaan saamwerk met ander organisasies wat ons standpunt deel om ’n goed beredeneerde, feitgebaseerde reaksie voor te berei en aan die Minister en Parlement voor te lê. Dit is tyd dat organisasies met ’n gemeenskaplike uitgangspunt mekaar vind en saamstaan om die reg op wettige wapenbesit in Suid-Afrika te beskerm.

Geen regdenkende mens kan hierdie wysigings ondersteun nie. Dit is nie die wettige vuurwapeneienaar wat die probleem is nie, dit is die regering se versuim om onwettige wapens, bendes en georganiseerde misdaad te beheer. Plaasaanvalle, gewelddadige misdaad, en die vrees waarmee miljoene Suid-Afrikaners daagliks leef, is nie die gevolg van te veel wettige wapens nie, maar van ’n tekort aan regeringstoesig en politieke wil.

TLU SA doen ’n ernstige beroep op die regering om na rede te luister, die wetsontwerp te heroorweeg, en werklik met belanghebbendes te konsulteer. Die veiligheid van burgers, veral in landelike gebiede, kan nie opgeoffer word op die altaar van politieke agenda’s of ideologiese eksperimente nie. Suid-Afrikaners het die grondwetlike reg om hulself en hul geliefdes te beskerm. Hierdie reg mag nooit in die hande van misdadigers gelos word nie.

Kategorie:

Deel dit:

Voorgestelde Wetsontwerp op Vuurwapenbeheer: ’n Onregverdige las vir wetsgehoorsame burgers

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.