James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Wanneer het vakbonde regte in die werkplek

Deur Adv. Michelle Smuts

Wanneer vakbonde aanspraak maak op regte binne die werksplek, kan dit ʼn ongemaklike situasie skep vir werkgewers wat onseker is rakende hul eie regte en dié van die vakbond, asook hoe hierdie regte gereguleer word.  Slegs geldige vakbonde kom in aanmerking vir enige regte in die werksplek en beveel ons aan dat werkgewers die volgende doen:

  • Beoordeel of dit ‘n geldige vakbond is:
    • Die vakbond moet geregistreer wees by die Departement van Arbeid en ‘n gestempelde registrasiesertifikaat hiervan kan toon;
    • Die vakbond se konstitusie moet duidelik die industrieë waarin hy opereer uiteensit;
    • Het die vakbond volwaardige lede met getekende lidmaatskapvorms as bewyse.
  • Bepaal hoeveel van jou werknemers is volwaardige lede by ‘n geldige vakbond aangesien dit ‘n direkte invloed het op die regte waarop so ‘n vakbond kan aanspraak maak in die werksplek:
    • Minder as 30% van my werknemers is lid: die vakbond kan op geen regte aanspraak maak nie;
    • ±30% van my werknemers is lid: die vakbond kan op die eerste twee regte soos hieronder uiteengesit aanspraak maak;
    • 50% +1 van my werknemers is lid: die vakbond kan op al vyf van die regte soos hieronder uiteengesit aanspraak maak.

Die Wet op Arbeidsverhoudinge erken die volgende regte van vakbonde:

  1. Toegang tot die werksplek
  2. Aftrekking van vakbondregistrasiefooie;
  3. Vakbondverteenwoordiging in die werksplek
  4. Verlof vir vakbondaktiwiteite
  5. Openbaarmaking van informasie

Wanneer ‘n vakbond aanspraak wil maak op enige regte in die werksplek is daar ‘n vasgestelde prosedure wat gevolg moet word.  Die vakbond moet ‘n brief rig aan die werkgewer met sy intensies, asook om ‘n vergadering te versoek.  Die werkgewer is dan verplig om binne 30 dae van hierdie skrywe met die vakbond te konsulteer.  Wanneer ‘n geldige vakbond na beoordeling aanspraak kan maak op regte in die werksplek, is dit krities dat die werkgewer ‘n erkenningsooreenkoms sluit met die vakbond ten einde die uitvoer van hierdie regte te reguleer.

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen en dit is presies wat die LWO doen:  ons beskerm jou regte as werkgewer en maak seker dat jy boer binne die riglyne gestel deur arbeidswetgewing.  Word lid by die LWO en beskerm jou besigheid en regte as werkgewer.

Kategorie:

Deel dit:

Wanneer het vakbonde regte in die werkplek

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.