James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Wat behels Sakeliga KragDag 2019 se Raadsaalprogram?

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer alle paaie lei na Diamantvallei, aan die oostekant van Pretoria, waar Sakeliga KragDag 2019 vir 8, 9 en 10 Augustus 2019 beplan word. Tydens verlede jaar se ekspo het meer as 15 000 mense die opwindende stalletjies van ongeveer 350 uitstallers besoek om hulle unieke produkte en dienste te kom besigtig. Alhoewel KragDag se teikenmark en voedingsgebied die gebied met ‘n radius van ongeveer 200km rondom Diamantvallei is, is besoekers, uitstallers en deelnemers aan KragDag se aktiwiteite van regoor Suid-Afrika ontvang. Met ‘n databasis van ongeveer 80 000 kontakte wat op ‘n gereelde basis van ‘n KragDagnuusbrief voorsien word, kan met reg gesê word dat mense van regoor die wêreld by KragDag betrokke is bywyse van internet-tegnologie.

Die KragDag ekspo handel in hoofsaak oor die tema van doen-jou-eie-ding met uitstallings en ander aktiwiteite wat die klem laat val op onderwerpe soos volhoubaarheid, hernubare energie, ‘n selfstandige leefstyl, baanbreker-tegnologie, die makersfilosofie, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, entrepreneurskap, vervoer, waterbenutting en -besparing, riool en nog vele meer.

‘n KragDag-aktiwiteit wat elke jaar groot belangstelling wek, is die Raadsaalprogram. Hoë profiel kundiges neem op uitnodiging deel aan aanbiedings (lesings) en paneelbesprekings, en besin en debateer aktuele sake en onderwerpe van die dag. Die “Raadsaal” is ‘n groot tent wat sitplek bied aan ‘n gehoor van ongeveer 150 mense. ‘n Eie en unieke dinamika ontstaan tussen sprekers en die gehoor wanneer mense in en uit die tent beweeg, vrae vra word en ná die tyd somaar self met die sprekers en paneeldeelnemers gesels en menings uitruil. Tydens Sakeliga KragDag 2019 word die gehoor toegerus, met aanbiedings en paneelbesprekings oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe.

Die nodige klanktoerusting, video-opnametoerusting, rekenaars en videoskerm word in die tent voorsien. Opnames van elke aanbieding word gemaak wat intyds, deur middel van Facebook, oor die internet gestroom word, ten einde ‘n groter gehoor – selfs van reg oor die wêreld – te verseker. Hierdie opnames word daarna as ‘n Youtube video beskikbaar gemaak sodat weer na die aanbieding gekyk kan word. Behalwe vir die geleentheid wat die teenwoordiges het, om vrae aan die sprekers na die aanbieding te vra, word ook voorsiening gemaak vir elektroniese wisselwerking met die “buite-gehoor” met behulp van Whatsapp en Facebook

Vir aanbiedings word voorsiening gemaak vir 45 minute tydsgleuwe. ‘n Tipiese aanbieding duur ongeveer 30 – 35 minute, waarna 5 minute toelaat word vir vrae en 5 minute vir sprekerruiling. Hierdie jaar kan gespog word met aanbieders soos Dawie Roodt van die Efficient Group wat verduidelik wat die onvermydelike gevolg van ekonomiese wanbestuur vir Suid-Afrikaners sal wees. Dr Anthea Jefferies van die IRR het ingestem om te praat oor “The National Democratic Revolution and Land Reform”. Kontroversiële standpunte word deur prof Francois Durand van die Universiteit van Johannesburg ingeneem wanner hy stel: “Red die planeet deur eerder vleis te eet”. Tom Kruger, ‘n kundige in die aanwending van hommeltuie vir sekuriteitsdoeleindes,  praat oor die regulering en wetgewing rondom hommeltuie. Waar hommeltuie ‘n al groter-wordende rol in die ekonomie begin speel, is dit beslis ‘n onderwerp waanvan kennis geneem moet word.

Jacques Classen, ‘n regsadviseur vir verskeie maatskappye, gee raad oor hoe om privaatbates teen staatskaping te beskerm. James Kemp, joernalis van Pretoria FM, gee sy mening oor die onafhanklike media se rol in die strewe na onafhanklikheid en Dr Dirk Hermann van Solidariteit praat oor die onderwerp “Ons bou om te bly”. Op die terrrein van die onderwys gee Martie du Plessis van Dynamis ‘n lesing oor die nodigheid vir volhoubaarheid van onderwys – Onderwys wat na 20 jaar steeds vrug dra. Wat alternatiewe energie aanbetref gaan Linda Gould van PQRS raad gee oor hoe om in die keuse en aanskaffing van ‘n sonkragstelsel risiko’s te verminder en ook opbrengs te verseker. Entrepreneurskap bly nie agterweë nie en lesings oor die belangrikheid daarvan word deur Marina en Fergus Fergusson gegee. Marina gaan spesifiek fokus op die rol wat vrouens as entrepreneurs speel. Sakeliga word ook geleentheid gebied om inligting rakende hulle aktiwiteite en die rol wat hulle vir die sakeman kan speel en graag wil speel te kommunikeer.

Tydens elk van die drie dae waaroor KragDag strek word ‘n paneelbespreking oor die etensuur gehou oor belangrike en interessante onderwerpe. Paneelbesprekings is vir die eerste keer gedurende KragDag 2018 gehou en vanjaar word indringend gekyk na verskillende megatendense nasionaal en internasionaal onderleiding van Piet le Roux van Sakeliga. Megatendense ten aansien van die wêreld van politiek en gemeenskap, in besigheid en in die wêreldekonomie word onder die loep geneem en telkens word gevra wat die toekoms inhou. Kom luister gerus wat kundiges soos Alida Kok, rubriekskrywer by Beeld; John Kane-Berman vam die IRR; Prof Koos Malan, professor in Publiekreg, Jaques Basson van Klipkouers-faam, Niël Pretorius van DRD Gold; Lambert van der Nest van Wild Fig Holdings, die NILO Groep en Mergon Invest, asook Dawie Roodt van die Efficient Groep.

Hou gerus die KragDagwebwerf dop om die wat en wanneer van die Raadsaal-aktiwiteite te sien. Word so deel van ‘n ingeligte en deelnemende KragDag-gemeenskap.

 

Kategorie:

Deel dit:

Wat behels Sakeliga KragDag 2019 se Raadsaalprogram?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.