James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA ondersteun On Trac-Tor trekkerreis met handradio’s vir kommunikasie

TLU SA het met trots handradio’s aan Dr André Hattingh en TJ Marais van die 911-motorfietsryers vir die On Trac-Tor Charity trekkerreis oorhandig om te help met kommunikasie tydens die 2 500km lange reis. Die radio’s en lugtyd, asook enige herstelwerk word geborg deur Halo, SAPIS en RCT Ermelo.

“Dit is net reg dat ons bydra tot hierdie merkwaardige span se veiligheid wanneer hulle soveel doen om bewusmaking te skep oor plaasaanvalle,” sê Hugo Pretorius, voorsitter van TLU SA se Veiligheidskomitee en die Oos-Kaapstreek. “As boere is ons vertroud met die gevare in afgeleë plekke en daarom wou ons seker maak die span bly in verbinding en veilig op die pad.”

Die trekkerreis – op ‘n Mahindra 86-110 trekker – word ten bate van mediese behandeling vir kinders en bewustheid oor plaasaanvalle aangepak en strek oor vyf provinsies. Die span het op Sondag 2 Julie in Witrivier, Mpumalanga weggespring en beoog om op 15 Julie weer daar klaar te maak. Dit is ‘n uitdagende reis teen 26km per uur op ‘n trekker-stoeltjie.

TLU SA moedig mense aan om hierdie reis te ondersteun, deur die volgende metodes:
• Borg Dr Hattingh per kilometer wat hy op die trekker ry.
• Maak ‘n eenmalige of maandelikse skenking.
• Ondersteun die span op die pad.
• Skenk baba melk (alle soorte)
• Skenk diesel vir die rit.
• Word ‘n vrywilliger by Pediatric Care Africa.

Alle skenkings kwalifiseer vir ‘n 18A-belastingsertifikaat en kan aan individue of maatskappye uitgereik word. Kontak Surika van der Merwe vir meer inligting by 076 756 6155 of besoek die webwerf.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA ondersteun On Trac-Tor trekkerreis met handradio’s vir kommunikasie