James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Ope brief aan Pres Ramaphosa oor rewolusie-opmerkings

Vir aandag: President Cyril Ramaphosa

Onderwerp: Opmerkings tydens die 26ste Nasionale Konferensie van die ANC Jeugliga (Slotopmerkings) op 2 Julie 2023

Datum: 12 Julie 2023

 

Mnr. President

Ons het met ongeloof kennis geneem van die opmerkings wat u gemaak het tydens die slotopmerkings van die 26ste Nasionale Konferensie van die ANC Jeugliga op 2 Julie 2023, waarin u jong Suid-Afrikaners aanspoor om militante rewolusionêre te word.

Dit het ons ‘n ruk geneem om op ‘n beskaafde reaksie te besluit. Vir ons, ons lede en ondersteuners, en die meeste Suid-Afrikaners, is so ‘n verklaring absoluut onverantwoordelik. As die president van ‘n land behoort u beter te weet as om geweld aan te moedig vanaf ‘n openbare verhoog. Maar aangesien u die opmerkings gemaak het, verstaan u klaarblyklik nie waarom dit as opruiend beskou sou word nie.

TLU SA verteenwoordig kommersiële boere in Suid-Afrika. Ons lede is kwesbaar vir gewelddadige aanvalle deur misdadigers op hul plase en in hulle huise. Misdaad is inderdaad buite beheer – ‘n groot klad op u regering se doeltreffendheid – regoor die land, maar die aanvalle op boere is dikwels meer gewelddadig en sinneloos. Boere, hul gesinne en werkers wat aanvalle oorleef het, rapporteer dat aanvalle toeneem nadat politieke leiers opruiende stellings maak. Hierdie aanvalle is dikwels nie daarop gemik om besittings, geld of plaastoerusting te steel nie, maar met die primêre doel om te beseer en/of te dood. Hulle wil óf wraak neem óf ‘n vyand uitskakel.

Boere is egter nie die vyand nie. U regering is die ware vyand van alle Suid-Afrikaners. In die dertig jaar waarin die ANC gepoog het om die land te lei, het ons gesien hoe korrupsie en bedrog toeneem. Ons infrastruktuur stort ineen. Ons staatsentiteite misluk. Misdaad is buite beheer. Werkloosheid styg kwartaal na kwartaal. Kinders in graad vier kan nie lees nie en benodig slegs 30% om matriek te slaag. Ons ekonomie is so swak dat maatskappye nie hier wil belê nie. Ons kan voortgaan om al u mislukkings op te noem, maar as die president van die land behoort u volkome bewus te wees van die rampspoedige toestand van Suid-Afrika. 

Die land funksioneer slegs as gevolg van die privaatsektor – insluitend boere – en hul planne om dit aan die gang te hou, ten spyte van u regering se tallose pogings om dit moeiliker te maak om as ‘n besigheid te oorleef.

Vir ‘n redelike persoon sou dit vanselfsprekend wees waarom ons lede ontsteld sou raak wanneer u militante optrede aanmoedig – terwyl ons alles in ons vermoë doen om kos op die tafels van ÁLLE SUID-AFRIKANERS te hou.

Ons sal geen militante optrede onderneem nie. Ons sal ons kinders nie leer om rewolusionêre optrede te neem nie. 

Ons sal voortgaan om hard te werk en te verdien waarvoor ons werk. Ons sal voortgaan om ons kinders te leer om na hulleself om te sien en nie aanspraak te maak op voorregte nie.

Ons sal voortgaan om planne te maak om te oorleef. Ons sal voortgaan om ons kinders te leer om innoverend te wees.

Ons vra dat u ook oorweeg en besin oor wat u jong mense leer.

 

Met vriendelike groete

Bennie van Zyl

Hoofbestuurder: TLU SA

 

Foto: Freddy Mavunda | Times Live

Kategorie:

Deel dit:

Ope brief aan Pres Ramaphosa oor rewolusie-opmerkings

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.