James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | Februarie 2024

TLU SA Jongboer-konferensie

Die TLU SA Jongboer-konferensie stap nader en ons wil graag elke jongboer nooi om saam met mede jongboere te kuier en by mekaar kers op te steek oor maniere om hulle boerdery te groei. Jongboere wat die konferensie bywoon kan uitsien na insiggewende gesprekke rakende gemeenskaplike uitdagings wat boere daagliks ervaar.

Ons jongboere is die rentmeesters van die toekoms en hierdie konferensie is die ideale geleentheid vir jongboere om te leer hoe om te boer vir die toekoms.

Registrasie sluit 3 Maart 2024 en kan gedoen word op TLU SA se webwerf onder die jongboer afdeling, of stuur ‘n epos aan Mariëtte Minnaar by sekretaresse@tlu.co.za.

Majuba 2024

TLU SA het vanjaar gedurende die naweek van 23-25 Februarie 2024 die Majubafees saam met die Majuba-trust aangebied.

Ons wil graag al die lede wat die naweek bygewoon het en hul dienste gebied het bedank. Twee van ons lede het net oor die 700km gery om te kom help werk vir die naweek. Ons is opreg dankbaar vir julle hulp en ondersteuning om die Majubafees ‘n sukses te maak.

Sterkte aan elke boer, ons wens vir almal ‘n goeie en veilige landbou seisoen.

Groete
Henry

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | Februarie 2024

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.