James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap van Bennie | Maart 2024

Realisme en emosie

Ons kan tereg vra hoe elkeen van ons ons emosies oor die daaglikse realiteit ervaar. Dit is nie net landbou wat onder die knypende werklikheid van ‘n sukkelende ekonomie en al die aspekte wat negatief inspeel op volhoubare besigheid gebuk gaan nie.

Suid-Afrika is onder druk, of kan daar amper gesê word, onder beleg, van ‘n beleid waarvan die uitkomste nie positief is nie. Daar is ‘n paar aspekte wat ons in gedagte moet hou:

  • Ons beleidsomgewing waarbinne ons moet boer is gewis nie gunstig nie en skep nie die nodige vertroue vir onbevange beleggings in ons land nie;
  • Die hitte-eenhede en daarmee gepaardgaande droogte wat groot dele van ons land op ‘n kritieke groeityd getref het se impak het op vele plase uiters negatief ingespeel;
  • Die onrealistiese beloftes wat in aanloop tot die verkiesing gemaak word skep nie noodwendig stabiliteit nie;
  • Kern aspekte soos veiligheid en goeie infrastruktuur, wat kragvoorsiening insluit, is besig om te taan eerder as om die broodnodige positiewe verskil te maak wat ons land nodig het.

Te midde van hierdie en baie ander uitdagings pak ons boere daagliks die omstandighede met buigsaamheid aan en beraam planne om steeds te kan produseer.

  • Ons gee vir mekaar die nodige ondersteuning wanneer dit druk gaan en gemoedere in die verkeerde rigting gestuur word. Gemeenskappe vat hande en beur vorentoe.
  • Ons maak saam noodsaaklike planne om na mekaar uit te reik en seker te maak ons bure bly in produksie.

Ten spyte van ons omstandighede kan ons bid dat ons nie ons geloof sal verloor nie, selfs al verloor ons die hele oes. Dit sal ons ook deur hierdie realiteit dra met die oog steeds op ‘n hoër uitkoms.

Groete
Bennie

 

Image by wirestock on Freepik

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap van Bennie | Maart 2024