James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA Limpopo vra dringende rampverligting vir boere

TLU SA Limpopo verwelkom provinsiale premier dr. Phophi Ramathuba se versoek aan president Cyril Ramaphosa dat Limpopo as ’n rampgebied verklaar word.Hierdie versoek volg ná ’n reeks verwoestende storms wat onlangs dele van Limpopo getref het en groot skade veroorsaak het. Die storms het talle strukture beskadig, insluitend dakke wat van huise en kerke afgewaai het, asook elektriese pale, drade en waterpype wat herstel benodig.

“Ons ondersteun die premier ten volle in haar pleidooi,” sê Fanie Havinga, voorsitter van TLU SA Limpopo. “Ons glo egter dat die fokus verder moet strek as slegs die onlangse stormskade.”

Sedert Julie vanjaar is TLU SA Limpopo in gesprek met die provinsiale rampbestuurspan oor die verwoestende swartryp wat drie keer in die eerste week van Julie toegeslaan het en geweldige skade aan gewasse soos aartappels, bessies, sitrus, avokado’s, papajas en neute aangerig het. Kort daarna het verwoestende brande die reeds bestaande skade deur swartryp verder vergroot.

“Ons pleit sedertdien dat Limpopo as rampgebied verklaar word sodat noodsaaklike verligting aan kommersiële en opkomende boere gebied kan word, aangesien die hersteltyd moeilik en tydsaam is. Ten spyte van aanvanklik goeie samewerking van dr. Makananisa, hoof van rampbestuur, en ons deelname aan ’n nasionale vergadering oor die saak, is daar steeds geen noemenswaardige optrede nie,” voeg Havinga by.

In haar voorlegging aan die president het die premier ook die knellende droogte wat die streek tans ervaar, uitgelig en die onontbeerlike rol van landbou in Limpopo beklemtoon.

“Om hierdie rede is dit noodsaaklik dat ’n ramptoestand so gou moontlik afgekondig word, wat nie net die stormskade insluit nie, maar ook die vernietiging wat deur swartryp en brande veroorsaak is, en waarskynlik groter was as die skade weens die onlangse storms. Ons staan gereed om die premier namens die provinsie se kommersiële boere te ondersteun,” sluit Havinga af.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA Limpopo vra dringende rampverligting vir boere

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.