James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Gaan kommersiële boere dié keer gehelp word?

TLU SA Limpopo verwelkom die aankondiging dat Limpopo een van die provinsies is wat na die onlangse vloede tot rampgebied verklaar is.

“Nadat TLU SA Limpopo sedert verlede jaar gepoog het om die provinsie tot rampgebied verklaar te kry na die verwoestende swartryp in Julie, die ewe verwoestende brande net daarna en die knellende droogte wat tot in die middel van Desember geduur het, het dit uiteindelik gebeur,” sê Fanie Havinga, voorsitter van TLU SA Limpopo. “Ten spyte van gesprekke met belanghebbende owerheidsinstellings, het daar vir ‘n lang tyd niks van gekom nie en boere moes maar probeer oorleef.”

“Ons hoop werklikwaar dat daar hierdie keer werklik uitgereik word na kommersiële boere, aangesien ons in die verlede ervaar het dat kommersiële boere blatant oor die hoof gesien word as enige vorm van hulp ter sprake is.

“Eweso wil ons ‘n beroep doen op die finansiële instellings om simpatiek na die kommersiële boere, wat drie rampe binne een jaar moes verduur, se situasie te kyk en te help om hulle te laat oorleef ter wille van voedselsekerheid in die provinsie en die land.

“Indien kommersiële boere weereens oor die hoof gesien gaan word en aan hulle eie lot oorgelaat gaan word, kan die aanbod van pres. Donald Trump van Amerika vir talle boere ‘n aanloklike opsie word, met verwoestende gevolge vir die land,” sluit Having af.

Kategorie:

Deel dit:

Gaan kommersiële boere dié keer gehelp word?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.