James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Bek-en-klouseerkrisis dreig boerderyvolhoubaarheid

TLU SA en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) spreek hul ernstige kommer uit oor die ekonomiese impak van die huidige bek-en-klouseer uitbrekings (BEK) op kommersiële produsente. Hoewel die organisasies die noodsaaklikheid van biosekuriteitsmaatreëls erken en ondersteun, dreig die langdurige beperkings op die beweging van vee om landboubedrywighede tot stilstand te bring.

Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, is produsente op grondvlak in ‘n benarde posisie: “Hulle kan nie hul vee na veilings, voerkrale of abattoirs neem nie, wat ‘n direkte impak het op kontantvloei vir noodsaaklike uitgawes soos voedsel, elektrisiteit en lone.” Hy beklemtoon dat hoewel daar begrip is vir die maatreëls, die produsente daardeur sonder enige markte gelaat word terwyl daar tot op datum nog geen alternatiewe in plek is nie.”Ons is besig om boere ekonomies te ruïneer,” voeg hy by.

Dr Frikkie Maré, hoof uitvoerende bestuurder van die RPO, beaam dit en voeg by: “Ons moet onthou dat BEK `n staatsbeheerde siekte is, en industrie slegs voorstelle kan maak en hulp aanbied aan die regering. Aangesien BEK `n staatsbeheerde siekte is, moet die regering besef dat hulle verantwoordelikheid nie net by die bekamping van die siekte lê nie, maar ook by die besighede en individue wat deur die maatreëls geraak word.”

Verder wys die TLU SA en RPO daarop dat die staat versuim om sy wetlik opgelegte verantwoordelikhede na te kom. ’n Voorbeeld hiervan is die gebrek aan padblokkades om die beweging van vee in geteisterde gebiede te monitor. Hierdie versuim word weer voor die deur van landbou gelê, aangesien boere en organisasies nou self moet poog om met behulp van privaat kameras hierdie beweging dop te hou. Die oprigting en monitering van hierdie stelsels is sonder enige bydrae van die staat gedoen – tog word daar van die landbousektor verwag om dit te bestuur en verantwoordbaarheid te dra vir ’n plig wat wetlik by die owerhede berus.

Tydens die onlangse NAMPO Oesdag het Van Zyl, na konsultasie met Maré, `n gesprek gevoer met John Steenhuisen, minister van landbou, oor die ernstige gevolge van die BEK-beperkings. Die organisasies het ‘n beroep gedoen op die regering om ‘n rampbestuursprogram te implementeer wat produsente in staat stel om hierdie uitdagende tyd te oorbrug en hul boerderybedrywighede voort te sit.

Die TLU SA en RPO doen daarom ’n dringende beroep op die regering om ’n rampbestuursprogram of noodfonds in plek te stel wat produsente kan help om hierdie periode te oorbrug. Sonder toegang tot inkomste kan produsente nie aan hul kontraktuele verpligtinge voldoen nie, en dit raak ook hul werkers direk. Die feit dat boerderye in wese uit sirkulasie gehaal word sonder enige vorm van ondersteuning, is onhoudbaar.

Daar moet verder dringend gepoog word om produsente in die siektebeheer-area marktoegang te gee. Industrie het `n voorstel aan die regering gemaak om lae risiko plase, wat die nodige biosekuriteit maatreëls in plek het, te identifiseer en te oudit om hierdie produsente marktoegang te gee, maar die proses is nog nie afgehandel aan die regering se kant nie. Verder moet abattoirs in die siektebeheer-area geklassifiseer word om BEK-diere te slag sodat produsente van hoërisiko en besmette plase ook marktoegang kan hê.

Die organisasies versoek dat die staat dringend optree om boerderyvolhoubaarheid te beskerm, veral waar dit oor voedselproduksie en werksekerheid gaan. Die wêreld moet besef onder watter druk Suid-Afrikaanse boere tans verkeer. Sonder daadwerklike ingryping kan dié druk rampspoedige gevolge inhou vir die hele landbouwaardeketting.

Kategorie:

Deel dit:

Bek-en-klouseerkrisis dreig boerderyvolhoubaarheid

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.