James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Die krag van betrokkenheid in georganiseerde landbou

Wyle Dries Joubert van Levubu het die uitdrukking begin dat georganiseerde landbou vergelyk kan word met ’n skuifsleutel (“shifting spanner”). Indien dit in die rak in die stoor lê, beteken dit niks vir enige iemand nie. Dit verg dat die individu die sleutel moet optel en stel na behoefte ten einde ’n moer vas of los te draai. Indien meer wringkrag benodig word, kan die onderskeie strukture sodanige boer kom bystaan en by wyse van spreke byvoorbeeld ’n pyp indruk om meer wringkrag by die skuifsleutel te skep. Dit verg dat die boer self steeds die skuifsleutel moet stel en hanteer – die res van die struktuur kan dan volgens behoefte die nodige ondersteuning gee. Betrokkenheid by die struktuur is die sleutel tot hoe goed elke boer ingelig is en hoe goed die struktuur sodanige boer kan bystaan.

TLU SA se beproefde stelsel is deur die jare by herhaling getoets, en daar is telkens besef dat dit die model is wat werk vir die boer, in die lig daarvan dat daar meganismes op alle vlakke gevestig is wat hul behoeftes aanspreek. Uiteraard maak dit saak of die leiers wat boere verteenwoordig die nodige inligting deurgee, soos wat daar vanuit die Uitvoerende Komitee en Algemene Raad besluite deur die boere self geneem word. Dit is nog al die jare en steeds die geval dat dit juis die stem van die boere is wat die koers en beleid bepaal.

Boere moet vandag ’n paar aspekte besef:

  • Vroeër jare kon daar by die LV of die minister aangeklop word vir hulp en moontlike oplossings – in baie gevalle begin mens se probleme vandag juis wanneer daar aangeklop word, aangesien daar uiteenlopende ideologiese verskille aan die orde is.
  • Daar is ’n werklikheid in ons land wat grootliks deur ’n demografiese werklikheid gerig word. Dit kan nie deur wense verander word nie.
  • Dit is baie maklik om ’n klomp warm lug die wêreld in te jaag, maar die uitdaging is om die beleidsomgewing sodanig te verander dat dit in belang van ons lede se volhoubaarheid uitspeel. Dit beteken dat, of ons daarvan hou of nie, daar waar beleid gevorm word, ’n invloed uitgeoefen moet word. TLU SA het tans goeie toegang tot verskeie departemente op juis die vlakke wat saak maak. Dit is nie dinge wat oornag gebeur het nie, maar deurlopende skakeling het ons by daardie punt gebring.
  • Die internasionale omgewing speel vandag ’n baie groot rol in verskeie aspekte wat die boere se volhoubaarheid beïnvloed. TLU SA het baie goeie skakeling met verskeie lande in die wêreld, waar daar op ’n deurlopende wyse geskakel word ten einde die boer se standpunte en behoeftes ook daar te laat vergestalt. In dié verband het TLU SA as spreker oor twee van die vier onderwerpe bydraes gelewer tydens die G20 Boereberaad, waar die verslag oor wat die boere sê ook tydens vanjaar se G20-beraad op die staatshoofde se tafels sal land.

Dit is saakmakend vir enige boer om te sien wat agter sy eie skuifsleutel skuil ten opsigte van kapasiteit en posisionering. ’n Verdieping van die krag van ’n organisasie waar ek as boer die volle geleentheid het om my stem te laat geld, is uiters noodsaaklik. Boere het vandag die keuse oor betrokkenheid al dan nie, en dan ook oor waar daar betrokkenheid bewerkstellig sal word. Dit bly elke boer se keuse.

Vir TLU SA is dit steeds so, en moet dit ook so bly, dat ons die toekoms aanpak met ’n vaste geloof in God Drie-enig. Dit is wie ons is, en ons weet ook waar die krag vir elke dag se uitdagings vandaan kom, maar veral ook waar die wysheid vandaan kom om die regte en goed ingeligte besluite te neem.

Elke besluit en optrede word deurgaans getoets aan die een saakmakende aspek naamlik wat gaan die invloed wees op die volhoubaarheid van kommersiële boere. Dit is ons kernbesigheid oor die al die jare en sal dit steeds so bly.

 

Kategorie:

Deel dit:

Die krag van betrokkenheid in georganiseerde landbou

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.