Boere is al hoe meer onder druk om winsgewend en volhoubaar te boer. Die verandering in klimaat, met soms drastiese impak op boerdery en die omgewing, asook verhogings in insetkostes en onsekerheid rondom markte en pryse, dra alles hiertoe by.
Daarom is dit uiters belangrik dat boere voortdurend moet streef om slimmer, meer koste-effektief en meer omgewingsvriendelik te boer.
Bewaring van landbougrond en die toepassing van herlewingsboerdery-praktyke is van kardinale belang, en daarom is dit belangrik dat ons kyk na hoe ons ons boere kan bystaan met kennis, raad en inligting om hierdie doelwitte te bereik.
Dit bereik ons deur boeredae waar inligting gedeel word deur sprekers wat kundig is op hul vakgebied.
Terselfdertyd bied ons ook die geleentheid vir maatskappye wat landbouprodukte verskaf om hul kundigheid, produkte en dienste aan boere bekend te stel.
Deur die korrekte toepassing van herlewingsboerdery-praktyke kan jy jou grond verbeter, insetkoste verminder en meer winsgewend boer.
Vir navrae oor ons opkomende Landboukorrels-boeredag kan die volgende persone gekontak word:
Besprekings en uitstallers
Lynette du Plessis (TLU SA)
082 823 3399
sentraal@tlu.co.za
Algemene navrae
Henri Combrink (Cullinan Boere-unie, TLU SA)
082 552 9428
culliboer@gmail.com





