James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Landbou-meesterplan móét op ekonomiese beginsels gebaseer wees

Ideologie mag nie bo ekonomie beginsels gestel word nie.

Om dié rede is TLU SA vasbeslote om saam met ander gewillige rolspelers die ware
landbou-meesterplan vir alle Suid-Afrikaanse boere daar te stel.
“Landbou is ’n ekonomiese proses en aan die einde van die dag moet die
ekonomiese markkrag beginsel die bepalende faktor vir volhoubaarheid wees,” het
mnr. Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder gesê.

Die noodsaaklikheid vir ’n plan vir landbou gebaseer op ekonomiese beginsels en
nie ideologiese beginsels nie, is meer dringend as ooit na die teken van die regering
se meesterplan vir landbou, die AAMP.
Ofskoon van die pilare waarop dié plan gebaseer is, TLU SA se ondersteuning het,
is die feit dat dit aan die einde van die dag aan transformasie onderhewig is, die
uitdaging wat aangespreek moet word.

“Die resultaat van transformasie is duidelik sigbaar regoor alle fasette van Suid-
Afrika. Die prys van transformasie is daar vir almal om te sien. Hierdie ANC beleid
van die begin af omvat al die aspekte soos kaderontplooiing, SEB en daarmee saam
al die korrupsie wat ons sien. Tans sit ons met ’n falende ekonomie wat nie
funksioneer nie, daar is nie meer kwaliteit opleiding in skole nie, die
gesondheidsdienste is in die drein af en dan praat ons nog nie eens van die
veiligheidsdienste of die ineenstorting van ons land se infrastruktuur nie. Plundering
en sabotasie vier hoogty.”

Mnr. Van Zyl voeg by: “Landbou is te belangrike faktor in die waardeketting om net
die plan van die regering gelate te aanvaar. Suid-Afrika en sy boere betaal nou al te
lank en te duur aan die prys van regering se gewoonte om ’n smeersel ideologie oor
alles te smeer. Dit is nodig vir die ANC om te besef hy kan hoogstens ’n bydrae
lewer tot stabiliteit indien hy gesonde beleidsomgewing daarstel. Die privaatsektor
skep die klimaat vir welvaart en ekonomiese ontwikkeling.”
Oor die ware eienaarskap van grond en die regering se aanhoudende gehamer op
die teruggee van grond aan die sogenaamde ware eienaars, was TLU SA nog altyd
van die standpunt dat die regering meer as genoegsame grond reeds tot sy
beskikking het. Mnr. Van Zyl het ook na die regering se self-erkende mislukking
verwys as dit kom by die toedeling van grond.

“As dit by grond kom, moet daar liewer gefokus word op grond wat reeds in die mark
is sowel as al die grond wat die regering reeds het. Dit moet aan gegee word aan
nuwe toetreders wat bereid is om die verantwoordelikheid van boer te wees aanvaar
en hulle ’n billike geleentheid gee om te kan boer. Deur net grond beskikbaar te stel,
plaas persone in armoede slagysters.”

TLU SA glo dat landbou wel rol het om te speel in ekonomiese groei en
welvaartskepping. “Daar moet dan egter volgens die ekonomie se spelreëls gespeel
word en dit is nie moontlik binne die huidige beleidsomgewing van die ANC nie.”
In belang van die toekoms van alle kinders in Suid-Afrika gaan TLU SA nie gelate
die teken van die AAMP aanvaar nie. “In samewerking met rolspelers – soos SAAI –
gaan TLU SA hom beywer vir die daarstel van ’n ekonomiese meesterplan tot
voordeel van almal.”

TLU SA verwelkom enige instansie of rolspeler in die landbou-sektor wat graag
bydrae wil lewer tot effektiewe ekonomiese meesterplan vir landbou, kan mnr. Van
Zyl of Saai by francois@saai.org kontak.

Kategorie:

Deel dit:

Landbou-meesterplan móét op ekonomiese beginsels gebaseer wees