Na bykans 20 jaar diens aan die lede van TLU SA, maar selfs baie wyer as dit gaan Chris van Zyl welverdiend aftree aan die einde van Februarie 2022. Nie net het sy bydrae die grondslag gelê vir ’n landelike veiligheidsbenadering wat deur vele ander organisasies nagevolg word nie, hy het ook op vele ander terreine TLU SA se lede met uitnemendheid gedien.
Ons wil graag ’n woord van groot dank aan hom rig vir dit wat hy gehelp doen het om Suid-Afrika se kommersiële boere veilig en volhoubaar op hulle plase te kon hou. Mag hy en Marilyn vir nog baie jare baie vreugde saam ervaar wanneer hulle hierdie nuwe fase van hulle lewe gaan betree.





