Die Afrikaanse Protestantse Akademie, die APA, is ‘n privaat tersiêre instelling wat in die laat tagtigerjare as ‘n skool vir teologiese opleiding gestig is. Vandaar het die APA ontwikkel tot ‘n volwaardige selfstandige universiteit wat spesialiseer in die geesteswetenskappe.
Met die raam van ‘n Christelike uitkyk wil die APA studente begelei om idees krities te verken en te beredeneer. Die geesteswetenskappe ontwikkel en bevorder by uitstek kritiese en analitiese denke en dit mond uit in meningsvormende beroepe soos: sielkundiges, joernaliste, onderwysers en predikante.
Ons bied ‘n BDiv-graad aan wat ‘n volledige graad in Teologie is en alhoewel reformatories van aard is dit nie denominasie gebonde nie.
Ons bied ook ’n unieke BA-graad aan wat toegang verleen tot beroepe soos onderwys, sielkunde, taalberoepe, asook menige veelsydigheidsberoepe.
Nagraads bied die APA tans ‘n afstandsgebaseerde Nagraadse Gevorderde Onderwys Sertifikaat (NGOS of in Engels PGCE) aan in die Senior Fase (gr. 7-9) en Verdere Onderwys en Opleiding (gr. 10-12).
Aansoeke vir eerstejaar studies sluit 26 Februarie 2021. Besoek gerus ons webtuiste by www.apa.ac.za vir meer inligting.
TLU SA – wat ons geloof in God Drie-enig bely soos geopenbaar in Sy woord, die Bybel se begronding, belyn heeltemal met juis dit wat die APA as hul begronding gevestig het en waaruit die verskillende akademiese rigtings gerig word.
TLU SA het ‘n noue verbintenis met die APA met die dat TLU SA se Hoofbestuurder die Kanselier van die APA is.