Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Of dit nou reg of verkeerd is, maar boere in Suid-Afrika is grotendeels op hulself aangewese om hul veiligheid te verseker.

“Dit is tyd dat boere aanvaar hulle speel die vernaamste rol in hul en hul mense se veiligheid,” het mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President gesê.

TLU SA nooi Suid-Afrikaners om op16 en 17 Junie virtueel saam te stap teen plaasaanvalle en -moorde.

Die plan is om binne 24 uur virtueel 6065km te stap. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.

Sedert 1990 is 2182 plaasmoorde aangemeld en meer as 6000 plaasaanvalle. (TLU SA werk streng volgens saaknommers om statistieke te bepaal.)

“Ek is bly om te sien dat groot deel van die boere gemeenskap het ekstra maatreëls in plek gesit om hul veiligheid te verseker. Behalwe vir plaaswagte is daar ook groter gebruik van tegnologie. Of dit nou reg of verkeerd is dat boere so op hulself aangewese is, dit is die realiteit waarin ons leef,” het mnr. Geldenhuys verder gesê.

TLU SA gee sy lede toegang tot trauma-berading en is ook daar om boere op ander maniere by te staan soos nodig.

“Daar is ’n netwerk van opgeleide beraders waartoe TLU SA lede toegang het soos nodig. Dit is nie algemene veralgemeende berading nie, die mense weet wat hulle doen en is spesifiek gereed vir elke unieke situasie Dit is ook  altyd bemoedigend as boere se medemens nader staan om te help waar hulle kan. Ons het al oor die jare meer as een maal geleer, boere se hand en hart is oop vir sy medemens.”

As jy die staptog ook wil ondersteun en wys dat die veiligheid van boere vir jou belangrik is, registreer en laat jou naam op die lys van ondersteuners verskyn.  As mense egter meer betrokke wil wees en hul ondersteuning op ’n aktiewe manier wil wys, hier is nog ’n opsie om deel te wees van die veldtog: Jy kan stap of hardloop – 6km of 6065 tree – neem foto’s en deel dit met ons op Facebook of Instagram met die veldtog se hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa

Hier is die skakel om te registreer en deel van die staptog te wees https://stapsaam.co.za en as jy wil sien hoe lyk die roete besoek https://stapsaam.co.za/stap-saam/

 

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI