Boodskap Van Bennie | Mei 2022

Transformasie en die AAMP 

Na ’n proses van bykans 18 maande het minister Thoko Didiza die dag van haar begrotingsrede saam met sommige rolspelers in die waardeketting die sogenaamde Agicultural Agro-processing Master Plan (AAMP) afgeteken. Ten spyte van bepaalde aspekte daarbinne vervat wat ekonomies sin maak, is die hele proses onderhewig gemaak aan transformasie.

Reeds in Mei 2021 het TLU SA in ’n 10-bladsy dokument verskeie aspekte uitgewys waaroor ons uitklaring wou hê alvorens daar enigsins oorweging geskenk sou word aan verdere ondersteuning. Wat word bv. presies alles met transformasie bedoel, was vir ons seker die belangrikste. Ten spyte van herhaaldelike navrae en die belofte dat ons insette wel hanteer sal word, is TLU SA net eenvoudig uitgeskakel en is daar voortgegaan met die ondertekening. Van diegene wat deelgeneem het aan die gesprekke blyk dit op hierdie stadium dat dit net TLU SA is wat nie geteken het nie.

Die prys van transformasie is daar vir elkeen om te sien. Die ANC verpak sy beleid onder die begrip transformasie en dit wat “vermag” is sedert 1994 wys net vir ons vervalling en agteruitgang van feitlik elke stelsel wat hy nogal in goeie werking ontvang het. Die ANC se beleid het te duur geword vir al Suid-Afrika se inwoners.

Dit is uiters kortsigtig om enige dokument te teken waarbinne daar vir die ANC ’n blanko tjek gegee word waarmee hy “transformasie” kan implementeer. Vir diegene met wie daar gepraat kon word wat wel afgeteken het kon niemand sê waar begin transformasie nie, wat behels dit alles en waar gaan dit eindig nie.

TLU SA het deurlopend klem gelê op ekonomiese beginsels wat indien dit reg toegepas word dit vir boere of enige ander besigheid die geleentheid sou gee om sukses te bereik. Die wyse hoe die markkrag beginsels egter verkrag word, skep geleentheid vir mislukkings. Die resultate van die wyse hoe die ANC grondoordrag tot nou toe gedoen het met ’n selferkende meer as 90% waar die grond uit produksie gaan, spreek vanself.

TLU SA het intussen met Saai samesprekings gevoer wat uitgesluit was by die proses en het net opnuut besef dat ons al hoe meer staatsbestand sal moet raak indien ons enigsins wil oorleef met die wat die ANC tans opdis. Daar word tans ’n ope uitnodiging aan alle rolspelers gerig wat wil deelneem om ’n ekonomies volhoubare plan daar te stel wat in belang van almal in die landbou-omgewing tot voordeel sal strek.

 

Foto Wesley Tingey | Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.