James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap Van Bennie | September 2021

Graag wil ons Henry Geldenhuys en Wannie Scribante, wat onderskeidelik as President en Adjunk-president van TLU SA vir die volgende jaar herkies is, gelukwens. Die wyse waarop die kongres aangebied is, het ’n nuwe werklikheid geword met fisiese teenwoordiges sowel as lede wat virtueel ingeskakel het. Dit het ’n groter deelname verseker en daarvoor is ons dankbaar.

Die Presidentsrede het die koers vorentoe met ons huidige werklikhede ingedagte, aangedui. Daar kan nou konstruktief gewerk word om die nodige resultate te bereik. Tydens die UK se beplanningsessie op 22 September word praktiese maniere om die daargestelde doelwitte te bereik, bespreek. Die strukture sal volledig ingelig word oor die fokusareas sodra die UK sy beplanning afgehandel het.

Die Uitvoerende komitee sien tans soos volg daaruit:

President – Henry Geldenhuys

Adjunk-president – Wannie Scribante

Streekvoorsitter Wes-Kaap – Bennie Liebenberg

Streekvoorsitter Oos-Kaap – Hugo Pretorius

Streekvoorsitter Noord-Kaap – Jannie Roux

Streekvoorsitter Vrystaat – Bertus van der Westhuyzen

Streekvoorsitter Natal – Herman de Wet

Streekvoorsitter Oos-streek – Pieter Pretorius

Streekvoorsitter Wes-streek – John Rankin

Streekvoorsitter Sentraal – Derick Kuun

Streekvoorsitter Noord-streek – Henk van de Graaf

Voorsitter vir Veiligheid – Mort Mortasagne

Voorsitter vir Omgewingsake – Steven Vermaak

Voorsitter vir Plaaslike regering – Erika Helm

Voorsitter vir Eiendomsreg – Albert de Villiers

Voorsitter vir Jongboere – Henna du Plessis

 

Groete, Bennie

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap Van Bennie | September 2021