James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Breë linie van belanghebbendes

Die Uitvoerende Komitee het besluit om gedurende 2022 uit te reik na soveel as moontlik ander rolspelers ten einde kundigheid saam te poel en saam te werk om seker te maak dat ons die nodige kan doen om ons omstandighede te kan stabiliseer. Heelwat is al gesê oor die gevolge van die ANC se beleidsomgewing waarvan die prys vir al Suid-Afrika se inwoners ver te duur geword het. Bepaalde retoriek word deurlopend geuiter vanaf die ANC se geledere met selfs aankondigings dat die ekonomie moet groei, maar intussen word al die verkeerde beleidsrigtings geïmplementeer.

TLU SA het besluit om nie te fokus op die mislukkings van die ANC nie, maar om eerder te fokus op moontlike oplossings vir ons almal se toekoms. Die Ad Hoc-komitee vir die beskerming van privaatbesitreg waarvan TLU SA reeds in 2008 ’n stigterslid was, het reeds met groot sukses oor die jare op die spesifieke gebied ’n positiewe verskil gemaak waar die beginsels van eiendomsreg in gedrang gebring was. Dit het bevestig dat daar met uiteenlopende organisasies oor spesifieke en ooreengekome beginsels saamgewerk kan word.

Kategorie:

Deel dit:

Breë linie van belanghebbendes