Cele se uitsprake gevaarlik

Minister van Polisie Bheki Cele het vir die soveelste keer homself aan die verkeerde kant van Suid-Afrikaanse boere bevind met sy uitlating dat boere wat onwettige buitelanders in diens neem die SAPD se werk bemoeilik om misdadigers op te spoor.

Cele het dié uitlating by ’n landelike veiligheidsvergadering in die Vrystaat gemaak. 

TLU SA wil dit duidelik maak dat aannames en beskuldigings soos dié niemand help nie.

“Dit is die staat se verantwoordelikheid om na die inwoners se veiligheid te kyk, maar hy faal liederlik in die opsig en nou probeer hy die blaam verplaas na onwettige immigrante wat hy ingelaat het deur die grense oop te maak. Geen boer gaan haal arbeid buite die grense van die land nie, hy kry dit binne die land,” het mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder gesê.

“Dis die regering wat toelaat dat dié ongedokumenteerde mense in die land is en as hy nou ’n probleem daarmee het moet hy eerder die vinger na homself wys as na die boere deur die skuld vir die SAPD se gesukkel op hulle te pak. Dit is immers ook die regering se verantwoordelikheid om die mense wat van die buiteland kom te dokumenteer.”

Mev. Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering, het bygevoeg: “Minister Cele moet mooi besin oor sy uitlatings. Die ANC-regering het deur die Departement van Binnelandse sake werkspermitte uitgereik aan buitelanders. Is dit nie Cele se regering wat hierdie ope uitnodiging beskikbaar gestel het om buitelanders te akkommodeer nie? Dan het die Departement van Arbeid verder gegaan en boere aangemoedig om aansoek te doen vir korporatiewe permitte om hierdie buitelandse werknemers te akkommodeer.”

Dit is egter nie waar dit eindig nie.

“Verder het Cele se korrupte staatsamptenare verder gegaan en RSA ID dokumente aan buitelanders verkoop. Die regering moet eers terugdraai en kyk wat hy met sy ondeurdagte planne om buitelanders te akkommodeer teweeg gebring het.”

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.