James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Die boer se uitdagings

Die omvang van die verskillende aspekte wat ‘n boer daagliks moet hanteer laat mens vinnige besef dat die amper onmoontlik is vir ‘n individu om dit alleen te doen. Die kundigheid wat nodig is om al die sake buite die produksieproses te moet bestuur verg inderdaad eintlik ‘n span kundiges. Maar steeds hanteer ons lede hierdie aspekte, in baie gevalle kollektief, maar ook individueel. Dit is dan wanneer ons die waarde van kollektiewe bedinging besef.

Die veranderlikes in landbou is omvangryk en ons moet vinnig en reg kan aanpas soos wat dinge ontsluit.

Die hartseer is dat baie van hierdie dinge aspekte is wat baie sterk negatief inspeel op die gemoedstoestand van mense. Dit is daarom belangrik dat ons deurentyd moet werk aan ons gesindheid.

Positiwiteit is wat maak dat ons steeds vorentoe beur.

Die gevolge van die inperkingmaatreëls veroorsaak dat sosialisering op vele terreine nie plaasvind soos wat ons gewoond was nie. Ons moet buiten die gewone uitdagings wat ons op plase ervaar, ook daarop fokus om mekaar te onderskraag en by te staan. Ons moet waak teen vereensaming.

 

 

Foto Richard Bell on Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Die boer se uitdagings