Die wêreld staan saam met ons boere.

Die afgelope week het rye trekkers die paaie in Duitsland versper en chaos in stede en hoofpyne vir pendelaars veroorsaak. Maar dit is niks nuuts nie. In die laaste jare het boere in Wes-Europa met toenemende vurigheid teen beleide gestry wat volgens hulle doeltreffende boerderypraktyke aan bande lê.

TLU SA erken die standpunt wat regoor die wêreld ingeneem word ter ondersteuning van voedselproduserende boere. Elke land staar sy eie uitdagings wat baie boere verhinder om volhoubaar te boer in die gesig.

In Suid-Afrika ondervind ons ‘n tekort aan elektrisiteit, onderbenutte hawens, en verwaarloosde paaie wat dit vir boere moeilik maak om produkte aan verbruikers te lewer. ‘n Ekonomie wat kwyn as gevolg van die regerende party se wanbestuur, maak volhoubare boerdery amper onmoontlik.

Dit is tyd vir regerings regoor die wêreld om te besef dat wanneer boere, diegene wat voedsel vir hul burgers produseer, van hul plase verwyder word, die land en al sy mense in gevaar is. Daar is meer as 8 miljard mense in die wêreld wat almal afhanklik is van die voedsel wat deur ongeveer 570 miljoen plase produseer word, m.a.w. elke plaas moet vir sowat 140 mense sorg. In Suid-Afrika is die syfer omtrent 10 keer hoër – hier voorsien elke kommersiële boer kos vir meer as 1400 mense.

Die wêreld se belangrikste bate is sy produserende boere.

Dit is tyd dat almal, veral regerings, verstaan dat sonder suksesvolle boere daar geen kos, geen ekonomiese groei, en geen toekoms is nie. Volhoubare produksiepraktyke en deurlopende navorsing is onontbeerlik vir die toekoms van boerdery.

Vandag bring ons dank aan elke individu en organisasie wat boere ondersteun en bemagtig. Dankie dat julle opstaan vir die mense wat seker maak dat daar kos vir ons gesinne is. TLU SA stap al 127 jaar hierdie pad en sal voortgaan op hierdie reis. Laat ons hande vat om die toekoms van landbou oor die wêreld heen te verseker.

 

Foto WarrenUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.