Drie gelukkige boere het in samewerking met TLU SA elkeen ’n AGRICOLLEGES-kursus gewen.
Michael Otto se kursus is Inleiding tot Diererpoduksie, terwyl Hendrik Prinsloo die Inleiding tot Plantproduksie gewen het. Chantelle Visser se kursus van haar keuse was Inleiding tot Landboubesigheid.
Die kursusse begin op 7 Februarie 2023 en duur sewe weke. Die waarde van die kursusse – wat in Afrikaans aangebied sal word – is R4 400 elk.
“TLU SA streef daarna om boere veilig en volhoubaar op hul plase te hou. Met dié kompetisie in samewerking met AGRICOLLEGES help ons drie boere om nog meer bekwaam te wees in hul roeping,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.
Hierdie kursusse is ideaal vir nuwe boere, onlangse skoolverlaters of selfs gevestigde boere wat hul kennis van landbou praktyke wil verfris en verbeter.
AGRICOLLEGES International beoog om in die nabye toekoms al sy kursusse in Afrikaans te vertaal om so ook die studente wat graag in hul moedertaal wil studeer die geleentheid te bied om hul kennis en opleiding te verbeter. AGRICOLLEGES het die leerkonsep ontwikkel deur ʼn e-leer platform te skep wat studente akkommodeer met hul landboustudies via rekenaars en mobiele toestelle. Hierdie leergeleenthede is wêreldwyd beskikbaar, afhangend van die student se toeganklikheid tot die internet.
AGRICOLLEGES International is AgriSETA geakkrediteer en bied daarvolgens een jaar geakkrediteerde Nasionale sertifikate aan in Algemene Landbou, Plantproduksie, Diereproduksie, Plantproduksie (Kannabis & Hennep) asook verskeie relevante kort kursusse en vaardigheidsontwikkelings kursusse in landbou.
AGRICOLLEGES is baie trots op hul meer as 1700 alumni vanuit 40 verskillende lande.








