Die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF) is ‘n privaatfonds met onafhanklike trustees wat insluit ‘n trustee uit die geledere van TLU SA. TLU SA ondersteun dus die LSVF as die voorkeurfonds vir sy lede.
Ons weet dat elke plaas of landboustruktuur anders is, daarom bied ons ‘n unieke en veelsydige produk. In samewerking met die konsultant se leiding en advies, kan die werkgewer dus sy eie unieke voordeelstruktuur ontwerp.
Die LSVF hou tred met veranderende wetgewing en standaarde in die bedryf om seker te maak dat die fonds kompeterend bly en die nodige voordele bied aan die werkgewer en werknemers.
Produkte wat die LSVF bied:
- Voorsorgfonds
- Sterftedekking
- Begrafnisvoordeel
- Dekking vir seisoenale arbeiders
- Ongeluks- en liggaamlike verlies voordeel
- Uitgebreide familie begrafnisdekking
- Ongeskiktheidsdekking
Die LSVF word geadministreer deur Sanlam en die beleggingsportefeulje is ook by Sanlam in ‘n gewaarborgde fonds belê. Dit bied dus gerusstelling dat die werknemers se fondse en voordele by ‘n betroubare maatskappy geadministreer en belê word.
Kontak George Dreyer (Konsultant) vir meer inligting.
E-pos: george@mecconsult.co.za / support@mecconsult.co.za
Sel: 082 789 3436