Daar is heelwaarskynlik lede wat in besit is van gelisensieerde vuurwapens wat nie meer in gebruik is nie.
Gegewe die feit dat talle vuurwapeneienaars die afgelope tyd tydens die amnestie-periode vuurwapens ingehandig het, mag daar dalk individue wees wat met goeie rede en ter wille van persoonlike veiligheid en selfverdediging behoefte het aan ‘n vuurwapen het, maar dat huidige markpryse dit bykans onbekostigbaar maak.
In sulke geval kan vuurwapeneienaars dit oorweeg om sodanige vuurwapens teen billike pryse (of selfs gratis) wettig oor te dra aan behoeftige vriende, kollegas of bure.
Affiliasies kan dit oorweeg om in hierdie verband die nodige kommunikasie onderling aan die gang te sit.