Deur die jare was dit nog altyd TLU SA se beleid om te skakel met ander rolspelers en ons standpunte aan hulle oor te dra. Die wyse hoe ons op ons beleidmakende strukture standpunte goedkeur plaas ons in ’n posisie om nooit te twyfel wat ons uitgangspunt in enige gesprek moet wees om in beste belang van die kommersiële boere die beleid te kan beïnvloed.
Daar was die afgelope tyd konstruktiewe gesprekke gevoer met Agri SA se nuwe president en hul uitvoerende direkteur sowel as met die voorsitter van SAAI se direksie. TLU SA standpunte is duidelik oorgedra aan die onderskeie rolspelers en daar is met albe partye ooreengekom om voortgesette gesprekke te voer en saam te werk op die terreine waar dit wel van toepassing is. Deur gesprek te voer oor die verskille en die ander rolspelers te oortuig om ook TLU SA se siening en standpunte te deel, plaas ons in ’n sterker posisie om in belang van ons lede te kan beding – al is dit indirek.








