Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Groot afwagting vir 2022 KragDag Dinsdag | 12 Julie | 2022

TLU SA se span sien met opgewondenheid uit na 2022 se Kragdag TLU SA Landbou Ekspo van 11-13 Augustus.

Die KragDag Ekspo is aangrensend tot die Landbou Ekspo en sluit sowat 400 stalletjies, ’n speelpark vir kinders, ’n biertuin, kosstalletjies, raadsaal-program en nog vele meer in. Gebeure is by die Diamantveld-landgoed buite Pretoria, naby die N4 Rayton afrit.

TLU SA rig ’n uitnodiging aan lede en vriende om betrokke te raak en die TLU SA Landbou Ekspo te ondersteun. Toegang beloop R100 per persoon en vir kinders onder 18 is dit gratis. Vir 50% afslag, registreer vir bywoning vooraf by www.kragdag.co.za.

Buiten die landbou- en vee-uitstallings, arena- en Bulring-programme, word daar vanjaar ook ’n boere-veligheidspatent-kompetisie aangebied.

“Om veilig in en om jou huis te wees, is nie veronderstel om ’n arm en ’n been te kos nie, maar ons almal weet hoe duur tegnologie is wat help met veiligheid. Ons wil graag ’n groot poging aanwend om die man op die straat te help as dit by veiligheid kom. Dit is nie reg dat jy sukkel met veiligheid net omdat jy nie al die moderne tegnologie kan bekostig nie,” het TLU SA President, mnr. Henry Geldenhuys, gesê.

“Ons soek patente/planne van boere vir vroeë waarskuwing soos die ou tradisionele toutjie met blikkies aan en klippies in die blikkies … as jy die tou aftrap, is daar ’n lekker geraas. Dis ’n vinnige voorbeeld. Daar is dalk ook opsies vir peutervrye-slotte. Dit mag nie ’n gekoopte ding wees nie, maar kan natuurlik gebou word met gekoopte parte. Dit moet ’n praktiese boere patent wees wat jou kan help met veiligheid in en om jou huis. Die belangrikste is dat dit nie arm en been moet kos nie. Dit moet ook ontwerp en gebou word deur ’n individu.

“Tydens die TLU KragDag Landbou Ekspo, sal daar uitstallings wees en ’n paneel beoordelaars sal die beste drie patente aanwys. Daar is lekker pryse op die spel. Ek is nogal opgewonde!”

Die drie wenners sal op Donderdag 11 Augustus 2022 aangewys word. Inskrywings is gratis en die sluitingsdatum is 4 Augustus 2022.

Om deel te neem aan te kompetisie, kontak sentraal@tlu.co.za vir die aansoekvorm.

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309

sluit aan

Sluit aan
POPI

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309