Haatspraak “Kill the boer, kill the farmer”

In die sosiale media sirkuleer kwaadwillige berigte na aanleiding van die 2011 Gelykheidshofsaak waarin TLU SA toegetree het in die saak tussen AfriForum en die ANC en Julius Malema as leier van die ANC Jeugliga op daardie stadium na aanleiding van die gereelde dreunsang van “Kill the Boer, kill the farmer”.

Die regter se uitspraak was duidelik dat die woorde haatspraak verteenwoordig en daardie uitspraak is allerweë verwelkom. Malema en die ANC het egter aangedui dat beide partye gaan appelleer teen die bevel dat dit nie meer gesing mag word nie.

Die Appèlhof het opdrag gegee dat die partye moet skik alvorens daar in die Appèlhof verskyn sou word. Die kommer het bestaan dat daar ‘n moontlikheid was dat die Appèlhof die uitspraak sou kon omdraai wat ons in ‘n posisie sou laat dat die lied en ook soortgelyke ander aanhitsende liedere dan nie as haatspraak beskou sou word nie.

Op advies van beide AfriForum en TLU SA se regspanne het die partye berus om tot ‘n formele vergelyk te kom wat daarop neergekom het dat beide die herkoms en status van die ander sal erken en respekteer. Daarmee saam ook dat Malema en die ANC onderneem om hulle volgelinge te ontmoedig om dit te sing.

By implikasie het die regter van die Gelykheidshof se bevinding egter van krag gebly in soverre die lirieke van die lied haatspraak verteenwoordig. Die skikking was dan ook ‘n bevel van die hof gemaak.

Dit word ook gestel dat enige regdenkende mens hom of haarself die vraag moet afvra hoekom sal partye die moeite en onkoste aangaan om sodanige hofsaak te maak en te baklei vir ‘n uitspraak om dan direk daarna in eie beweging dan te verklaar dat dit nie haatspraak is nie. TLU SA is oortuig dat dit wat daar bereik was die beste was wat gegewe al die feite en die omstandighede moontlik was.

Derhalwe is daar geen gronde vir die onlangse kwetsende kommentaar vanuit sekere oorde nie.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.