James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Hoe daag ons die toekoms?

Die onsekerhede waarmee elkeen daagliks gedaag word raak by die dag net meer en ook ernstiger. Te midde van beperkings rondom COVID-19, onsekere veiligheidstoestande, gebroke kraglewering, en vele ander aspekte moet ons steeds volhou om te produseer en ‘n wins te maak.

Ons elkeen se ingesteldheid speel ‘n groot rol oor hoe ons al hierdie uitdagings aanpak.

Deur moedeloos en negatief te wees bring gewis geen oplossings na vore nie. Kreatiewe en positiewe denke is nodig om oplossings vir die vele uitdagings te kry. Die waarde om hande te vat en saam te streef na positiewe uitkomste word telkens raak gesien in gesinne en gemeenskappe wat ‘n toekomskeuse gemaak het om steeds te bou ingevolge ons kultuuropdrag.

 

Foto Karolina Grabowska van Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Hoe daag ons die toekoms?