Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Is die wiel besig om te draai? Vrydag | 17 Junie | 2022

’n ANC-minister wat die party se beleidsomgewing uitdaag enkele dae voor ouditeur-generaal bekendmaak dat byna 90% van die land se munisipaliteite wat vir alle praktiese doeleindes misluk, is duidelike bewyse van die ANC regering se beleidsomgewing wat op grootskaalse vlak die land en sy inwoners in die steek laat.

In Sondag se Rapport sê Mmamoloko Kubayi, die minister van menslike nedersettings en die hoof van die ANC se subkomitee oor ekonomiese transformasie, in eksklusiewe onderhoud dat beleidsbesluite in 2017 nie meer in lyn is met vandag se realiteit nie, dat meriete bo alles moet seëvier en dat beskerming van voedselsekerheid belangriker as beleidsdokumente (met betrekking tot onteiening sonder vergoeding) is.

“Dié is die eerste rasionele klanke uit ANC-geledere. Of dit te laat en te min is, is ope vraag en dit is net een persoon se standpunt, maar gaan hier ’n ommeswaai kom? Nog nooit voorheen was dit so duidelik soos nou nie om ’n nuwe koers in te slaan om ekonomiese groei te bewerkstellig,” het mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder gesê.

“Aspekte waarna die minister wys, is punte wat deurlopend sedert 1994 deur TLU SA uitgelig is. Solank as die ANC volhard met beleid van kaderontplooiing , waar jy nie toelaat dat die markkragbeginsel kundigheid evalueer nie en persoon nie in staat is om sy/haar rol te vertolk nie, sal daar gefaal word. Die ANC sal ernstig moet besin…tans steel hy inwoners en veral jongmense se toekoms. Hy sal moet begin fokus op ekonomiese groei.”

Onlangs het die ouditeur-generaal Tsakani Maluleke bekend gemaak dat net 41 uit 257 munisipaliteite skoon oudits ontvang het.

“Ofskoon ons geweet het ons land se munisipaliteite grotendeels faal, is dit steeds skokkend om die syfers van die haglike toestand waarin die munisipaliteite se finansies verkeer te sien” het mev. Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering gesê.

“Vir etlike jare is daar herhaaldelike waarskuwings aan munisipaliteite gerig om hul sake in orde te kry, dit het duidelik op dowe ore geval. Dis skokkend hoeveel munisipaliteite het afwysende ouditmenings ontvang wat beteken daar is geen bewyse wat daar met belastinggeld gedoen word nie. Verder moet die belastingbetaler ook kennis neem dat hierdie munisipaliteite geensins aan die belangrike wetgewing voldoen nie en is grondbelasting ’n kwessie wat dringend ondersoek moet word in terme van die geldigheid daarvan.”

Gekwalifiseerde werknemers – terug by die ANC se beleid van kaderontplooiing – is verder ’n kwessie wat dringend aangespreek moet word. Sowat R1,26 miljard is aan konsultante om die dienste te verrig bestee.

“Hierdie verteenwoordig 11% van die totale koste van finansiële verslagdoening. Daar word ’n beroep gedoen op Nasionale Tesourie en COGTA om dringend hierdie aspek aan te spreek aangesien die land reeds in ’n ekonomiese krisis verkeer. Die besparing van hierdie uitgawe kan ’n daadwerklike verskil maak in die oorlewing van munisipaliteite. Hoogs betaalde staatsamptenare wat nie toepaslik gekwalifiseer is nie, het nou te duur geword vir die land en die belastingbetalers. TLU SA doen ’n beroep op die belastingbetaler om nou meer dringend as ooit die munisipaliteite te ondersoek vir die geldigheid van eiendomsbelasting. Daar is nie meer die luuksheid van hoogs betaalde staatsamptenare wat nie-toepaslik aangewend word, konsultante wat ‘n hap uit die finansiële inkomste neem en belastingbetalers wat moet opdok vir eiendomsbelasting wat moontlik nie eers geldig is nie. Dit terwyl dienste afgeskeep of geensins gelewer word nie,” het mev. Helm bygevoeg.

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309

sluit aan

Sluit aan
POPI

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309