James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Kaderontplooiing – wortel van korrupsie-euwel – moet waai

Een van die vernaamste redes van Suid-Afrika se staatskaping is die ANC se beleid van kaderontplooiing en tot tyd en wyl dit nie gestop en afgeskaf word nie, sal daar nie die daadwerklike optrede en resultate wees wat die land nodig het nie.

“Dit is die ANC wat met sy beleid van kaderontplooiing toegesien het dat die sogenaamde regte persone in al die poste beland waar kundigheid en soos dit blyk integriteit nie noodwendig van enige oorweging was om te besluit wie moet die pos kry nie. Die resultaat van kaderontplooiing? Die totale ineenstorting van eens trotse instellings soos Denel, Eskom, Spoorweë, SAL, en so meer,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder in reaksie op President Cyril Ramaphosa se toespraak oor sy optredes rakende die Zondo-kommissie se verslae.

“Die Zondo-kommissie het dalk net die punt van die ysberg aangespreek en is die korrupsie-kultuur dalk te sterk gevestig en is reeds endemies gevestig in die kaders soos deur die jare ontplooi. Suid-Afrika se inwoners bloei onder die gevolge van die ANC se beleid en is hierdie plundering van die kapasiteit van die land maar een aspek wat seker gemaak het dat die land in duie stort. Die ANC het reeds gewys dat rekenpligtigheid en om rekenskap te gee oor sy dade nie hoog op sy agenda is nie.”

Volgens mnr. Van Zyl sal rolspelers moet begin om verantwoordelikheid te aanvaar, anders gaan daar geen einde aan korrupsie en swak dienslewering wees nie.

“Die ANC kan op geen wyse betrokke wees in die skoonmaak van sy maaksel nie. Dit sal op geen wyse enige geloofwaardigheid hê nie. Die samestelling van die ondersoek direktoraat in die NPA is van kritiese belang. Die opposisie partye behoort die geleentheid te kry om ’n meerderheid van die aanstellings te doen. Daar is groot woorde deur Ramaphosa gebesig en sal dit niks beteken indien daar nie binne redelike tyd nie genoeg oranje oorpakke beskikbaar gaan wees nie.”

Dit kan nie oorbeklemtoon word wat die oorsprong van die probleme die ANC se beleid is nie en ook wat die oplossing is nie.

“Om ’n beter meer volledige aankondiging te maak moes hy dalk ook gemeld het dat kaderontplooiing gestop word, dat SEB nie verder toegepas gaan word nie. Dat kundigheid voortaan alleen die kriteria sal wees vir aanstellings. Verder ook dat politieke hoofde hul departemente met onmiddellike ingang moet suiwer van korrupsie of hul koppe gaan rol.”

Kategorie:

Deel dit:

Kaderontplooiing – wortel van korrupsie-euwel – moet waai