James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Laat brandstofprys verlaging by verbruikers uitkom

TLU SA is verheug oor die verlaging van die prys van diesel en petrol wat vandag (5 Januarie) in werking tree, sê mnr. Henk van de Graaf, TLU SA Streeksvoorsitter: Noord en lid van TLU SA se Uitvoerende Komitee.

“Die laaste tyd is baie klagtes van lede en ander boere ontvang rakende die geweldige prysstygings in onder andere kunsmis en uiteenlopende kommoditeite wat boere nodig het om kos op elkeen se tafel te plaas. Met verdere ondersoek, is dit duidelik dat die styging in brandstofpryse en vervoerkoste van die vernaamste redes is,” sê mnr. Van de Graaf.

“Ons wil ’n beroep op ons lede, landbouers en die algemene publiek doen om daarop te let of sekere pryse inderdaad gaan verlaag noudat die pryse met sowat 70 sent per liter daal. Dié verlaging behoort aan die verbruiker deurgegee te word. Feitlik alle noodsaaklike produkte wat die verbruiker gebruik, het ’n rakleeftyd van ongeveer ’n week. Dus behoort die verbruiker verligting ná ongeveer ’n week te kan voel.

“TLU SA sal veral daarop let dat boere verligting by hul tradisionele aankooppunte ervaar, en ons doen ’n beroep op maatskappye wat leweransiers aan die boere is, om inderdaad die verligting deur te gee, veral omdat boere uiteindelik steeds prysnemers bly, terwyl die hoë insetkoste dit moeilik maak om nog volhoubaar te produseer.”

Kategorie:

Deel dit:

Laat brandstofprys verlaging by verbruikers uitkom

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.