TLU SA het weereens met skok kennis geneem van die antwoord van Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, dat die regering in hierdie krisistyd van duur insetkostes net hulp aan klein bestaansboere afgewentel het.
Dit raak al hoe meer duidelik dat Suid-Afrika se regering geensins aan voedselsekerheid vir hulle inwoners dink nie. Die volhoubaarheid van die land se landboubedryf kry hoegenaamd nie die aandag wat dit benodig nie.
TLU SA het ‘n versoek aan die regering gerig om landbou te bemagtig om self-voorsienend te wees deur ‘n vergunning om in goeie jare wins belastingvry te kan spaar. Sodoende sal die land se voedselvoorsieners tydens krisistye bepaal wat hulle self kan doen in die lig van ‘n afwesige regering.
TLU SA is van mening dat na die onlangse verklaring deur Didiza rakende aan wie hulp aangewentel word as antwoord op ‘n vraag in die parlement bewys dat die Suid-Afrikaanse regering nie kommersiële landbou se belange op die hart het nie en dat dit nou die tyd is vir landbou om grootliks selfversorgend, waar moontlik, te wees. Die grootste dilema wat ons tans ervaar is die regering se beleidsomgewing en hulle afwesigheid tydens rampbestuur en daarom sal daar met nuwe oë gekyk moet word na die pad vorentoe.
Terwyl die Suid-Afrikaanse regering op hulle pad van selfvernietiging is moet hulle besef dat landbou in die belang van ekonomiese stabiliteit nie durf saam onder gaan nie.
Foto Francesco Gallarotti on Unsplash