James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Landbank maak ondernemings aan TLU SA

TLU SA het besluit om ’n oplossoekende benadering te volg om die omstredenheid rondom Landbank se posisie in die landbou-omgewing aan te spreek en moontlike oplossings tot voordeel van alle betrokke partye te vind.

TLU SA het onlangs ’n konstruktiewe gesprek met verteenwoordigers van Landbank gehad. Die gesprek was gevoer in ’n gees van om die beste oplossing in belang van landbou te vind.

“Ons het dit duidelik gestel dat landbou-finansiering vir die produsente van groot belang is om in produksie te bly en dat ons juis daarom ’n gesonde en effektiewe Landbank, wat die eiesoortige omstandighede van landbou verstaan, benodig. Toenemende en uiteenlopende uitdagings lei tot die vermindering in getal boere, wat werksverliese meebring en tot nadeel van plattelandse gemeenskappe strek, daarom moet alles moontlik gedoen word om boere in produksie daar te hou,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.

TLU SA het ’n handvol punte met Landbank bespreek en grootliks bevredigende antwoorde ontvang.

“Die feit dat Landbank ons teenstaan in die hofsaak om as vriend van die hof toegelaat te word, is aangespreek. Dié saak handel oor sakeredding wat tans net deur maatskappye gebruik van kan maak, maar trusts en individue nie die voorreg het nie. Dit is na ons mening ongrondwetlik en derhalwe is daar toegetree ten einde alle besighede dieselfde geleentheid te gee om wel van sakeredding gebruik te maak.”

Die optrede van Landbank-invorderaars is ook aangespreek. Vir TLU SA is boelie-gedrag om skuld in te vorder, onaanvaarbaar. “Boere wat gebuk gaan onder boelie-taktiek moet dadelik kontak maak met ons. Landbank het onderneem om na die gevalle wat ons aanmeld te kyk.”

Landbank het onderneem om die name van die prokureurs wat betrokke is by sake wat reeds na die regsafdeling verwys is, beskikbaar te stel. Dit is ook bevestig dat boere wat reeds oorgegee is aan die regsafdeling steeds met ’n plan na vore kan kom en indien dit aanvaarbaar is, sal die saak teruggetrek word.

“Suid-Afrikaanse landbou het ’n betroubare finansiële instelling nodig wat landbou verstaan en ook veral die veranderlikes kan help bestuur soos byvoorbeeld die afgelope agt jaar se droogtes in sekere dele van die land. Ons moet boere se krisis saam beredder en daarvoor is ’n klimaat van vertrouensgrondslag en bereidwilligheid nodig. Om dié rede volg ons ’n oplossoekende benadering.

“Landbank het aan TLU SA die onderneming gegee dat hy bereid is om aan elke boer se afsonderlike probleem aandag te gee solank dit binne redelike terme billik is.”

Boere moet TLU SA kontak wanneer hulle voorleggings aan Landbank wil maak. Die proses moet gemonitor word om uitkomsgebaseerde resultate te bevorder.

Mnr. Van Zyl sluit af met: “Landbank het hom nou tot bepaalde optrede verbind, en sy integriteit is op die spel as dit nie nagekom word nie. En so ook is die integriteit van boere ook op die spel ten einde die proses van agterstallige skuld deursigtig te hanteer.”

 

Kategorie:

Deel dit:

Landbank maak ondernemings aan TLU SA

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.