James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Ons besoek vlugtig die volgende twee artikels van ons Manifes. (Ons het in Januarie nie die volgende artikels in Pitkos na Desember bespreek nie, omdat daar reeds so groot hoeveelheid inhoud was.) Die Manifes moet nie iets wees waarvan net terloops kennis geneem kan word nie, maar sê ons daarin waarin ons glo en waarvoor staan ons op.  Elke lid se wesensinbinding van juis dit wat in die Manifes staan, is wat die krag van ons organisasie bevestig.

Artikel 3

“Ek is trots op my beroep as landbouer en die geleentheid wat ek gegun word om God se Skepping te bewerk.”

Dit sal bykans onmoontlik wees om enige ander beroep te kan motiveer as meer edel as juis dit wat ons boere doen en vermag. Die basis van voortbestaan hier op aarde is voeding en elke ander ekonomiese sektor sal tot stilstand knars indien daar nie meer voedsel op die tafel is nie. Die kultuuropdrag vanuit die Woord gee juis aan ons die taak om te gaan bewerk en te bewaak. Dit bring ’n bepaalde verantwoordelikheid na ons elk se tafel toe. Die heerlike taak wat elkeen in landbou hom of haarself opgelê het,  is inderdaad iets waarop trots kan wees.

Artikel 4

“Ek aanvaar in nederigheid die rentmeesterskap van my grond en aanvaar die verantwoordelikheid om die bodem, fauna en flora, en al die beskikbare hulpbronne doeltreffend te bewaar en met respek te bestuur as erfenis vir ons nageslag.”

’n Heerliker rentmeesterskap kan kwalik bedink word. Die uitdagings in landbou kan soms so maklik die wonderlike voorreg om in die uitsonderlike omstandighede te mag werk, begin oorheers. Die kollektiewe bydrae wat ons lede doen om ons natuur te bewaar en volhoubaar te benut, lê die grondslag vir geslagte wat kom om steeds voedsel te kan produseer.

 

Foto Nitin AryaPexels

 

Kategorie:

Deel dit:

Manifes