Mediaverklaring: TLU SA maak gereed vir hofstryd oor onteiening sonder vergoeding

TLU SA maak gereed om grondeienaars by te staan in sake rakende onteiening sonder vergoeding. Dit volg na vandag se samesprekings met die ad hoc-komitee wat deur die parlement aangestel is om voorstelle in te dien oor hoe Art. 25 van die grondwet – wat handel oor onteiening sonder vergoeding – aangepas moet word.

“Dit is duidelik dat die komitee se fokus uitsluitlik is hóé die wet gewysig moet word, en nie wat die gevolge van die wysigings sal wees nie,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Enige insette van belanghebbende rolspelers wat landbouers verteenwoordig is telkens eenvoudig afgemaak as irrelevant.”

“Dit is uiters kommerwekkend dat aspekte soos gevolge op die ekonomie, beleggingsonsekerheid, graderings deur kredietagentskappe en die heel belangrikste, voedselsekerheid, geen gewig dra in hierdie proses nie. Die enigste saak van belang is dat grond onteien moet word ten spyte van meervuldige voorbeelde van hoe dit as gevolg van korrupsie, onkunde en gierigheid misluk het. Dit is nie tot die voordeel van Suid-Afrika nie.”

Die stoomroller-proses om die wysiging aan die parlement voor te lê is ook onder verdenking. Die komitee stel voor dat ‘n konsepwet teen 27 November 2019 klaar geskryf is waarna dit middel Desember en begin Januarie 2020 vir vier weke vir openbare kommentaar beskikbaar sal wees. In Februarie vind die openbare verhore plaas en op 20 Maart sal dit finaal by die komitee draai voordat dit op 31 Maart aan die parlement voorgelê word.

“TLU SA het reeds begin om op internasionale vlak en van internasionale regskenners aanbevelings in die verband te ontvang en sal dit so spoedig moontlik bekend maak,” sê mnr. Meintjes. “Dit is egter duidelik dat die komitee die proses as ‘n formaliteit beskou en dat die wysiging nou slegs deur gemeenskapsdruk en litigasie beveg kan word.

“Ons doen daarom ‘n beroep op Suid-Afrikaners wat besorg is oor die beskerming van landbou, voedselsekerheid en eiendomsreg om TLU SA se Eiendomsregsfonds te ondersteun en te versterk vir die komende hofsake.”

 

*Bydraes tot die Eiendomsregsfonds kan gemaak word in die volgende rekening:

TLU SA

Absa rekening 405 040 0686

Elektroniese bankkode: 632005

Deposito’s takkode: 334445

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                        6 November 2019

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                       Sel.: 082 461 7262

                                      Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                      Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.