TLU SA se Finansiële Welstand Lessenaar stel vandag nog ‘n innoverende produk aan lede bekend.

Business How To” – ontwikkel deur ‘n groep landbou entrepreneurs – bied ‘n een-stop webtuiste-produk aan ter ondersteuning van die dag tot dag bestuur van boerderybesighede om vele uitdagings die hoof te bied.

Die groep is deeglik bewus van die uitdagings wat klimaatsveranderinge, ‘n swak ekonomie, ongunstige markskommelinge, politiekgedrewe inisiatiewe en die belangrikheid van voedselsekerheid aan TLU SA-lede stel. Met “Business How To” ontvang die landbou-, bosbou- en visserybedryf toepaslike sakevaardighede in die hand van die boer, om so beter sakebesluite te neem.

Relevante bedryfsinligting soos ‘n ekonomiese oorsig; statistiese feite en behalings; produktiwiteitsriglyne; beleggings-, uitvoer- en opleidingsgeleenthede;  regeringsdepartemente; assosiasies en subsektore; asook belangrike nuus en skakels vir die bedryf is op die webwerf by www.bhtg.co.za beskikbaar.

Onder Besigheidsaktiwiteite kan verbruikers toegang verkry tot toepassings oor besigheidsbestuur om ‘n besigheid lewensvatbaar en volhoubaar van beplanning tot bestuur te laat groei.

Die belangrikste kenmerke van die “Business How To”-produk behels die volgende:

  • Informasie is gestruktureerd en word in chronologiese volgorde op ʼn een-stop webtuiste aangebied;
  • Finansiële bestuursprogram om jou finansies meer effektief te bestuur;
  • Allesomvattende toegang tot huidige en akkurate inligting;
  • Ontwikkel volgens Suid-Afrikaanse wetgewing;
  • Self-onderhoudend: skakels met bedryfsverwante instansies soos regering, besigheidsondersteuning, finansiering en opleiding;
  • Stap vir stap self-help hulpmiddels soos:
    • Gids om ‘n besigheidsplan volgens die banke se kriteria op te stel,
    • Gids om nuwe markte na te vors,
    • Gids om produkte uit te voer;
  • Landbou Produksie Kosteberekeningsprogramme;
  • Navorsingsverslae wat normaalweg onbekostigbaar is vir die individu.

Voordele vir lede

  • Bly volledig ingelig oor die nuutste pryse, ontwikkelinge en tendense in die bedryf;
  • Effektiewe bestuurshulpmiddel;
  • Meer suksesvolle leningsaansoeke; en
  • Toegang tot nuwe markte en geleenthede.

As ‘n voordeel aan TLU SA-lede bied die Finansiële Welstand Lessenaar die “Business How To”-produk teen die spesiale jaarlikse tarief van R480. Lede kan by die volgende skakel aansluit: http://bhtg.co.za/tlu-membership.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       5 September 2019

Navrae:                       Mnr Gerrie Strydom,

                                       Sel.: 083 454 5129