Meesterplan geteken, wat nou?

TLU SA betreur dit dat, ten spyte van verskeie versoeke aan die onderskeie rolspelers in die waardeketting, dié organisasie die geleentheid ontneem is om bydrae te lewer tot die daarstel van ’n ekonomiese landbouplan tot voordeel van alle boere in Suid-Afrika.

Só praat mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder ná die ondertekening van die omstrede AAMP – die regerings se nuutste landbou-meesterplan.

“Thoko Didiza, minister van landbou, het groot aandag aan die afteken van die AAMP gegee tydens landbou se begrotingsdebat. Dit is egter na ons oordeel gestoomroller aangesien ondernemings nie nagekom is teenoor ons nie. Transformasie speel ’n kern fokuspunt, maar ná ’n jaar kry TLU SA steeds geen antwoorde nie oor wat dit behels. Vennootskappe word voorop gestel. Dit kan egter net plaasvind tussen partye wat beide bydrae tot die verhouding. Dit moet vrywillige keuse wees,” het mnr. Van Zyl gesê.

“Landbou is ’n ekonomiese proses en aan die einde van die dag moet die ekonomiese markkrag beginsel die bepalende faktor vir volhoubaarheid wees. Dit wil voorkom as die rolspelers heeltemal hiervan vergeet het of hulle eenvoudig nie hieraan steur nie.

“As dit by grond kom, moet daar liewer gefokus word op grond wat reeds in die mark is sowel as al die grond wat die regering reeds het. Dit moet aan gegee word aan nuwe toetreders wat bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar en hulle ’n billike geleentheid gee om te kan boer. Deur net grond beskikbaar te stel, plaas persone in armoede slagysters.”

Mnr. Van Zyl het ook verwys na die regering se vorige pogings vir meesterplanne vir landbou.

“Oor die jare heen het verskeie landbou-planne die lig gesien wat telkens nie suksesvol was nie. Volgens TLU SA is die rede elke keer dat daar meer politiek en ideologie in die planne vervat is instede van ekonomiese planne. Met die AAMP kan niemand regtig sê wat die transformasie – waarna deurentyd verwys word – alles insluit nie, maar wat tot dusver ervaar was, is ’n sterk sosialisties- en kommunisties gedrewe agenda. Daar moet ook kennis geneem word van besprekingsdokumente wat tydens die ANC se konferensie oor besluit gaan word dat wit boere bv. grond moet skenk sowel as punte soos onteiening sonder vergoeding.

“Die ideologiese aanslag op ons boere – wat TLU SA beskou as die grootste bate in die land – is onnodig. Daar is voldoende plase wat in die mark kom wat nuwe toetreders kan opraap en gaan boer en indien hulle die verantwoordelikheid wat dit verg om te boer aanvaar, sal die markkragte soos met enige ander boer bepaal of hulle suksesvol gaan wees. Heelwat meer behoort eintlik hieroor gesê te word. TLU SA is baie bekommerd dat hieruit oor tyd heen dinge kan ontsluit wat verdere onrealistiese en onnodige druk op landbou gaan plaas.”

TLU SA sal meer volledig reageer sodra die bepaalde toedelings van finansies bestudeer is.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.