Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Sake, me. Thoko Didiza versprei blatante leuens, sê TLU SA.

 

Didiza het in haar terugvoer oor die toekenning van hulp uit die COVID-19 Landbou Rampfonds, verklaar dat die doelwit van die R1,2 miljard-inspuiting is om die effek van die koronavirus teen te werk en die volhoubare voedselproduksie na die pandemie te verseker. Uit die meer as 55 000 aansoeke om ondersteuning het die departement reeds ongeveer 15 000 aansoeke ter waarde van R500 miljoen aan klein- en bestaansboere goedgekeur.

Volgens StatsSA is die bydrae wat hierdie groep boere tot die nasionale kosmandjie maak maar 1,9% van die totaal.

 

“Minister Didiza se verklaring dat die finansiële ondersteuning voedselproduksie moet verseker, is dus ‘n blatante leuen,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Die minister moet eerder eerlik wees en erken dat die departement bestaansboere help wat hoofsaaklik ANC-ondersteuners is. As die doelwit werklik is om voedselproduksie vir die land te verseker, moet kommersiële boere – wat vir Suid-Afrika se voedselsekuriteit verantwoordelik is – ook gehelp word.”

 

Die minister moet ook baie duidelik moet uitspel wat die verwagte uitkomste van dié duur stemkoper-projek is.

 

“Sy maak ‘n groot gewag van die bedrag wat vir die projek beskikbaar is,” sê mnr. Meintjes. “Mens sou verwag dat daar dan ook ekstra kos beskikbaar sal wees as gevolg van die ondersteuningspakket, maar daaroor is die minister stil.”

 

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

 

Datum:                       18 Mei 2020

 

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                    Sel.: 082 461 7262

 

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470