James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Misdaadstatistiek geen verrassing vir TLU SA

“Hierdie syfers kom as geen verrassing nie en ek kan ook nie sien dat dit vinnig beter sal gaan nie. Hoe kan enigiemand verwag dat polisiebeamptes op voetsoolvlak ʼn doeltreffende misdaadvoorkomingsdiens moet lewer wanneer senior aanstellings in die SAPD geen operasionele ondervinding het nie?” sê Ronnie Schilling, TLU SA streeksbestuurder Oos en Natal.

Hierdie reaksie kom na afloop van die bekendmaking vroeër vanoggend van die nuutste misdaadstatistiek. Vanaf Oktober 2022 tot Desember 2022 is daar 86 moorde in landelike gebiede aangemeld met 92 pogings tot moord.

Schilling gaan voort deur te sê dat intelligensiegedrewe bedrywighede iets is wat ons in Suid-Afrika slegs in “cowboys en crooks”-programme sien. “Die vonnisse wat vir misdade toegeken word, indien enige, is ook lankal nie meer ʼn afskrikmiddel vir die misdadiger nie.”

Bertus van der Westhuizen, TLU SA streeksvoorsitter Vrystaat, is van mening dat Bheki Cele as minister van polisie verantwoordelikheid vir die misdaadsyfers moet aanvaar. “Ons as publiek betaal hom met belastinggeld ʼn salaris om hierdie baie belangrike en verantwoordelike taak te verrig. Hy moet ons beskerm en ʼn veilige en ordelike omgewing skep waarbinne ons kan werk en leef. Hy doen dit nie. Hy faal in die taak waarvoor ons hom betaal. Hy moet sy pos ontruim en plek maak vir iemand wat die werk kan doen.”

Herman de Wet, TLU SA streeksvoorsitter Natal, stel die oplossing vir die probleem voor: “Haal die vrot elemente uit die SAPD sodat planne in aksie gestel kan word.”

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA betreur die feit dat misdaad in Suid-Afrika geruime tyd hoogstens statistiek bestuur. “Indien daar daadwerklike optrede van die regering sou wees om na inwoners se veiligheid te kyk, sou statistiek nuttig kon wees. Dit wys egter slegs hoe onbevoeg die regering is om na inwoners se veiligheid te kyk. Solank die SAPD aanhou funksioneer soos wat hulle tans doen, sal daar nie vertroue in die staat wees om veiligheid doeltreffend te bestuur nie.”

Kategorie:

Deel dit:

Misdaadstatistiek geen verrassing vir TLU SA

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.