Misdaadsyfers wys hoe land faal, landsburgers op hulleself aangewese vir beskerming en bestuur

Die jongste misdaadsyfers van Suid-Afrika wys duidelik dat die regering en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) heeltemal faal om landsburgers te beskerm. Dit kan toegeskryf word aan die verkeerde beleidsrigting, kaderontplooiing en swak bestuur van die land. Die statistiek beklemtoon verder dat gemeenskappe, veral boeregemeenskappe, op hulleself aangewese is om gesinne, eiendom en besighede te beveilig.

Die Departement van Polisie het vandag die misdaadsyfers vir die laaste kwartaal – Januarie tot Maart 2023 – bekendgemaak. Dit wys drie moorde en drie pogings tot moord word elke uur gepleeg. Verder vind daar elke uur 20 ernstige aanvalle plaas. Elke uur word daar 19 huisbrake en drie huisrowe aangemeld. En 66 gevalle van veediefstal vind daagliks plaas. Dit is ook belangrik om te noem dat die syfers beslis ‘n verwronge beeld voorhou, omdat soveel misdaad nie gerapporteer word nie, omdat mense grootliks hulle vertroue in die polisie se vermoë om dit op te los, verloor het.

“Hierdie statistiek verwys net na die direkte syfers van misdaad,” sê Bennie van Zyl hoofbestuurder van TLU SA. “Dit wys nie die verreikende impak wat dit op die ekonomie het nie. Watter regdenkende maatskappy wil in ‘n land belê waar hulle produkte sal verloor deur vragmotorkapings en diefstal en hulle besigheid blootgestel word aan 13 gevalle van handelsmisdaad per uur, terwyl hulle personeel daagliks blootgestel word aan moord, verkragting en ernstige aanvalle?”

Dit blyk dat die Minister van Polisie, Bheki Cele, se plan om half-opgeleide voetsoldate met luukse voertuie uit te rus, nie die impak het waarop hy gehoop het nie, waarskynlik omdat hy nie opgewasse is om sy taak te vervul nie. Dit sal tot die land se voordeel wees as hy vervang word met iemand wat waarlik praktiese geïntegreerde planne het vir misdaadbekamping, en toegelaat word om dit toe te pas, sonder inmenging om die regering se sosialistiese ideaal te verwesenlik.

Die regering moet eerder daarop fokus om die basiese mandaat van ‘n regering onder die knie te kry as om tyd te spandeer aan wette oor die gebruik van landbougrond, onteiening sonder vergoeding, en transformasie in landbou.

“Die misdaadsituasie is maar een van die knellende probleme wat Suid-Afrika kniehalter,” sê Van Zyl. “Dit is tyd dat die regering begin prioritiseer en aandag gee aan wat kundiges voorstel. TLU SA is beskikbaar om praktiese raad te gee oor die bestuur van ‘n besigheid tot ‘n winsgewende entiteit omdat ons lede – boere – dit al vir 126 jaar doen.”

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.