Landboutoestande lyk vir die kort termyn besonder goed, vroeg in Februarie het sekere grassoorte al in saad gekom, bos is ruig en behoort daar oor die algemeen goeie weiding vir die komende winter te wees. Alhoewel die streek goeie reën gekry het is daar plekke waar dit minder gereen het.
Ons het nêrens erge skade as gevolg van die reën gehad nie behalwe die grond en gruis paaie wat in elk geval in `n swak toestand was. Die onvermoë van die verkillende pad owerhede om basiese onderhoud te doen het nou die gevolg dat grondpaaie tot buite instandhouding versleg het, dit beteken dat daar niks van die pad oor is om in stand te hou nie. Sekondere paaie in die provinsie sal oorgebou moet word, die politieke wil is miskien daar maar helaas die geldjies bestaan doodeenvoudig nie. Slaggate op belangrike teerpaaie ontstaan daagliks, swaar trokverkeer, op paaie wat nie gebou is vir die volume swaar voertuie nie, het die verbrokkeling van teerpaaie tot gevolg. Selfs die N1 word nie behoorlik deur SANRAL in stand gehou nie, daar groei gras en ander onkruid in die barste tussen die Noord en Suid bane. Die gras se wortels beur die barsies verder oop, water gaan in, pad verbrokkel.
Noordstreek het op 12 Februarie ons jaarlikse beplanning vergadering gehou, dit was `n Zoom vergadering omdat ons normale vergadering lokaal die virus opgedoen het. Die belangrikste punte wat uit die vergadering voortspruit is dat ons moet terugkeer na ons kern beginsels, BV / BU en DLU `s moet bemagtig word om ledebelang binne hulle bedieningsgebied te dien. Ons kommunikasie vermoë binne die streek moet meer vaartbelyn gemaak word.
Die dagbestuur sal weer na die rol en funksies van die verkillende komitees kyk om die werklas wat die huidige komitees dra te verlig.
Alle strukture binne Noordstreek is gevra om seker te maak dat hulle voldoen aan arbeidwetgewing soos deur Wetgewing vereis.
Die jag en ander winter vakansie aktiwiteite het verlede jaar as gevolg van Covid inperking baie swaar ekonomiese verliese gely, ons vertrou dat regulasies verder sal verslap of minstens op die huidige vlak bly om hierdie belangrike monetêre inspuiting weer op standaard te bring.