Noordwes lyk baie mooi, ons is geseën met goeie reëns, en nie te veel nie.
Sonneblom het amper te nat toestande beleef, die laasste paar sonskyn dae was baie positief en sal siektes en plae bekamp.
Die bone het bietjie swaar gekry met die onweer so 2 weke terug en herstel ook nou met die son, hulle is meer water sensitief en sal teen die naweek weer reën kort.
Oor die algemeen is graan pryse nie te sleg nie en help die boere om finansieel beter af te wees.
Weidings het baie mooi herstel en die hele provinsie se vee sal genoeg weiding hê. Pryse is ook positief wat die boere help.
Misdaad neem geweldig toe, en inbrake is aan die orde van die dag. Saad en onkruiddoder word baie gesteel. Soos wat die seisoen later word skuif die diefstal na vee en toeristing. Enige iets word gesteel om dit om te sit in kontant.
Arbeid, boere is nie positief oor die minimum loon nie, daar gaan afleggings kom, en huurarbeid sal minimaal gebruik word. Dit gaan oorvloei tot hoër misdaad, omdat mense nie werk het nie.
Infrastruktuur word n groot bekommernis, met die mooi reën spoel die paaie en word potholes groter. Herstelwerk word nie gedoen nie, en sekere paaie soos bv die Ottosdal- Delareyville en Sannieshof- Migdol pad is on ry baar. Mense ry letterlik langs die pad en dit lyk soos iets uit die Congo.
Groete uit die Noordwes.
John Rankin