In die Noordwes en Vrystaat is TLU SA besig om plaaslike takke weer aktief aan die gang te kry. Belangstellendes kan Jannie Raath kontak om georganiseerde landboustrukture in die streek te vestig.
Verder was daar in Noordwes ‘n goeie inkoop van alle rolspelers om die toegewyde brandpaaie te skraap onder die vaandel van die brandbestryding sambreel en sommer in dieselfde oefening ook die plaaslike paaie te verbeter.
Daar is ook baie vordering gemaak om ‘n forum te stig sodat Vrystaatse Landbou almal uit een mond sal praat wanneer dit kom by veiligheid deur middel van ‘n forum vir die streek.
Die streek het ook sukses behaal om die verhouding tussen plaaswerkers en eienaars te verbeter. Hoewel boere aanvanklik negatief ontvang is deur owerhede en verteenwoordigers van plaaswerkers, het die vergadering uiteindelik goed afgeloop en op ‘n positiewe noot geëindig.