Die geskiedenis se ontvouing beklemtoon op vele terreine trotse oomblikke waarop ons gewis trots kan wees. As ’n jong taal het die Afrikaner op feitlik elke terrein skeppend homself gevestig as ’n wêreldtaal. ’n Taal gesmee vanuit die smeltkroes van verskeie tale en gebou rondom die praktyk van ’n trekkerslewe en ’n volk in stryd vir sy voortbestaan. Die prosa, letterkunde, sang, akademie en op elke ander terrein het ’n taal beslag gekry om die hartsbegeerte en wense van sy gebruikers treffend te kan uitdruk. Dit is juis vanuit hierdie trots wat daar ook vir ander volke die nodige erkenning gegee kan word vir wie en wat hulle is.
Vandag is dit ons elkeen se verantwoordelikheid om te bou op daardie grondslag wat ons voorouers vir ons gelê het. Ons kan nie verwag dat ons jeug trots moet wees op wie hulle is en waarvandaan hulle kom indien ons nie van kleintyd dit vir hulle wys nie.
Daar is egter kommer wanneer die uiters swak taalgebruik wat op sosiale netwerke gebruik word, in spreektaal gebruik word. Dit mag mos nie ons norm word om seker die mooiste taal wat daar is so te verwoes met kru en kras woorde nie? Laat ons die voorbeeld stel in ons optrede en ook ons spraak sodat ons nageslag met trots kan terug kyk na hul voorgeslagte soos wat ons met dankbaarheid en trots kan terugkyk vir die skeppende en kreatiewe erfenis wat ons ontvang het.
Om ’n volgende vakansie te beplan rondom ons geskiedenis en al die trotse monumente wat elk sy eie storie vertel, is dalk iets wat blywende herinneringe vestig by ons jeug.
Boermedia het begin met ’n reeks opnames genoem “Kampvuurstories” wat juis die mooi van ons erfenis op ’n humoristiese wyse weer laat herleef. Die opnames kan gesien word op Boermedia se Youtube-kanaal.








