Op Henry se Hart | Februarie 2021

Ons wil graag aan al ons lede en vriende, as deel van die TLU SA-familie, baie sterkte toewens vir 2021. Landbou het tot op hede werklik ‘n belangrike en positiewe rol gespeel om te verseker dat daar, selfs tydens die inperking, kos op die tafel van verbruikers is. Daar is gewis ‘n groter waardering vir ons boere as in die verlede – kom ons bou daarop voort.

Mag ons elkeen ons kultuuropdrag soos vanuit die Woord met positiwiteit aanpak en steeds skeppend ‘n beter toekoms bou. Mag dit vir ons elkeen altyd ‘n heerlike uitdaging bly. Om in die dae in negatiwiteit te verval is nie moeilik nie. ‘n Positiewe gees en ingesteldheid bring die antwoorde waarna ons soek.

Die COVID-19 virus – en veral die tweede vlaag – het ‘n groot impak gehad op individue, gesinne, gemeenskappe en die ekonomie. Dit is ernstig en ons moet dit nie ligtelik opneem nie. TLU SA het egter te midde van die inperkingmaatreëls voluit gewerk vir ons lede.

By die TLU SA hoofkantoor het ons maatreëls in plek om eerstens na mekaar se veiligheid om te sien, maar ook so effektief as moontlik te funksioneer. Dit bring mee dat van die personeel van tyd tot tyd van hulle huise werk.

Ons versoek ons boere-lede om versigtig te wees en voldoende voorsorgmaatreëls te neem om veilig te bly.

Ons wil ons lede, vriende en ondersteuners ook aanmoedig om ons veldtogte te ondersteun. Die veldtog teen onteiening sonder vergoeding is belangrik – dit handel nie net oor grond nie, maar oor enige bates wat jy besit.

Ons het ‘n dispuut verklaar teen die Departement van Arbeid en Indiensneming oor die minimumloon verhoging – spesifiek waar dit plaaswerkers raak. Die land kan in hierdie stadium eenvoudig nie bekostig om werkers ‘n minimum loon te betaal nie. Wanneer die ekonomie groei, is dit natuurlik ‘n ander saak.

Verder wil ons ‘n beroep doen op lede om ander boere – wat nie deel is van enige amptelike veiligheidstrukture nie – aan te moedig om aan te sluit om so die gemeenskap te beveilig. Die frekwensie van plaasaanvalle het verlaag, maar die wreedheid het toegeneem.

Boere moet hulle eie veiligheid opskerp om nie deel van statistiek te word nie. Kry planne in plek om veediefstal en ander landbouverwante diefstal te beperk. Weet wat op jou plaas aangaan. Omhein alle eiendom en jou plaas sover as moontlik. Hang bordjies by die ingang en waarookal jy kan op heinings wat wys dat toegang beperk word omdat dit privaat eiendom is. Dui aan dat oortreders vervolg sal word. Dis ‘n belangrike maatreël teen besetting. Dit gaan in die toekoms waarskynlik toeneem.

Oefen en bespreek jou gebeurlikheidsplan binne die boerevereniging, plaaswag en groter gemeenskap. Maak seker jy kan jou eienaarskap met die voldoende dokumente bewys.

Op ‘n meer positiewe noot is ons dankbaar oor die goeie reëns wat in groot gedeeltes van die land geval het, maar bly bewus van die streke wat steeds gebuk gaan onder droogte of nou deur vloede geteister word.

Ons bly egter dankbaar vir al die seëninge wat ons ontvang. Mag die landbou jaar wat voorlê voorspoedig wees, met goeie oeste en pryse op die produk.

Groete,

Henry

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.