James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | Februarie 2022

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het ’n soldaat in ’n geveg afgedwaal van sy peloton en was hy alleen in die veld. Die vyandige Duitsers het dit gesien en agterna gesit. Die soldaat het op die vlug geslaan. Hy het hom bevind in ’n landelike gebied en hy was al baie uitgeput. Hy sien toe ’n murasie en besluit die is sy laaste kans. Ofskoon die murasie nie veel skuiling gebied het nie, was daar een vertrek met deur agter in die huis en daar het hy toe gaan wegkruip.

Kort voor lank was die Duitsers by die murasie. Hulle het ingestap en begin soek. Die soldaat hoor hoe hulle tot voor die deur van die vertrek waar hy wegkruip kom staan en met mekaar praat. Na paar oomblikke draai hulle om en beweeg aan, weg van die murasie. Die soldaat het nie dadelik besef wat aangaan nie en toe hy uiteindelik uit sy wegkruip plek kom sien hy die vars spinnerak by die deur van sy wegkruip plek. Toe besef hy: die soldate het die spinnerak gesien en gedink as daar vars spinnerak by die deur is, sal daar niemand in die vertrek wees nie…

God het die soldaat, wat deurentyd tot God gebid het vir hulp, gered met ’n spinnekoppie se werk. En dit is wat ek vir vandag vir ons boere wil sê. God is in beheer. Hy weet van ons uitdagings en ons moet nie ophou bid tot Hom vir leiding nie. Die Here sal ons – ongeag van alles wat ons moet oorkom – nie verlaat nie.

Boere moenie moed verloor nie.

 

Foto: Krisp CutPexels

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | Februarie 2022