‘n Nuwe jaar vol nuwe uitdagings is hier. Dit is verkiesingsjaar en ons weet dat baie politieke onsinnighede gaan plaasvind. Ten spyte van al die negatiewe wat ons ervaar, soos stygende brandstofpryse, deurlopende beurtkrag en die verhoging van minimum lone, moet ons probeer positief bly oor die jaar wat voorlê. Ons hoop en geloof is in die hande van ons Hemelse Vader – sonder Hom is niks moontlik nie.
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om elke lid, personeellid, vriende van TLU SA, inset- en diensverskaffers, voorspoed toe te wens vir die jaar wat voorlê. Mag ons dit aanpak met nuwe ywer en in positiwiteit. Kom ons maak 2024 die grootste jaar in landbou deur te fokus daarop om landbou te laat leef in Suid-Afrika.
Mag dit vir elkeen ‘n goeie jaar wees. Mag die koeie kalf, die ooie lam en ons sade groei.
Kom ons ondersteun mekaar en hou ons voedselvoorsieners veilig op hulle plase.
Groete
Henry
Foto: Gabriel Jimenez | Unsplash





